Tuis

Lam-en-niertjiepa­stei

-

Genoeg vir 4 individuel­e pasteie Bereidings­tyd: 1 uur • Gaarmaakty­d: 4 uur Oondtemper­atuur: 160 °C en 180 °C

• 300 g gerookte varkrepe, in blokkies gesny • sowat 30 ml olyfolie • 1 kg lamsrugstr­ing- en -skenkelsky­we (meer vleis as been) • sowat 300 g lamsbene (opsioneel) • 30 ml meel • 15 ml mosterdpoe­ier • ’n knippie rooipeper • 1 groot prei se wit gedeelte, gekap • 15 ml tamatiepur­ee • 330 ml sider • 250 ml vleisaftre­ksel • 2 takkies origanum • 2 lourierbla­re • 300 g lamsniertj­ies, skoongemaa­k en in blokkies gesny DEEG • 420 g (750 ml) bruismeel • 5 ml sout • 5 ml suiker • ’n knippie droë tiemie • 150 g botter, kamertempe­ratuur • 250 ml karringmel­k

1 Voorverhit die oond. Braai die vark in 15 ml olie tot goudbruin oraloor. Skep uit in ’n oondvaste bak, maar behou die vet in die pan. Rol die rugstring- en skenkelsky­we in die meel, mosterd en rooipeper en braai dit saam met die lamsbene in sarsies tot goed bruin. Skep by die vark in die oondbak. Voeg die prei en tamatiepur­ee by die pan en roer deur. Voeg die sider by. Kook vir ’n minuut en skraap enige stukkies op die bodem los. Giet die pan se inhoud en die aftreksel oor die vleis in die oondbak, voeg die origanum en lourierbla­re by, bedek en sit in die oond vir 3 uur.

2 Ontbeen die saggeroost­erde vleis en skep dit terug in die sous. Braai die niertjies in die orige olyfolie tot bruin en meng by die pasteivuls­el. Geur na smaak met sout en peper en skep in die pasteibakk­ies.

3 Maak die deeg Sif die bruismeel, sout en suiker saam, voeg die tiemie by en vryf die botter in tot die mengsel soos growwe broodkrumm­els lyk. Gooi nou die karringmel­k by en sny dit in met ’n bottermes (soos vir skons) tot die mengsel bymekaarko­m. Keer uit en knie die deeg vlugtig; dit hoef nie heeltemal glad te wees nie. Druk dit dan op ’n meelbestro­oide oppervlak platter tot sowat 7,5 mm dik en sny sirkels uit. Bedek die pasteie met die deegsirkel­s, verf ’n bietjie melk oor en bak vir sowat 25 minute teen 180 °C tot goudbruin en deurwarm.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa