Tuis

2 ’n Lieflike uitsig

Ek is nie ’n winter-mens nie; ek raak amper bedruk wanneer daar nie sonlig is nie; die lig in dié ruimte maak my gelukkig! – Shelley Hills

-

Met sy fantasties­e see-uitsig het Shelley Hills geweet ’n sonnige leefarea was die beste manier om haar Baaise huis ten volle te benut. “Toe ek die huis koop, was dit ’n argitek se kantoorspa­sie – eintlik ’n skoon skilderdoe­k,” sê sy. “Dit het perfek sin gemaak om die natuurlike lig en pragtige uitsigte te beklemtoon deur dié area die spilpunt van ons huis te maak.”

Die oopplanrui­mte bestaan uit ’n kombuis, eetgedeelt­e, oordekte stoep, studeerare­a en sitkamer. “Ons bring die meeste tyd in die eetgedeelt­e deur; dis waar ons met vriende kuier, speletjies speel of in die son opkrul met ’n goeie boek. Dis beslis die gewildste plek in ons huis,” sê Shelley.

Omdat daar so baie natuurlike lig instroom, was dit nie vir haar nodig om kleur in te span om die vertrek op te helder nie. “Ek het besluit om die palet neutraal te hou en dekor in skakerings van grys te gebruik sodat al die areas goed inmekaarvl­oei en die uitsig al die aandag geniet. Die doelwit was om dié deel van die huis eenvoudig, stylvol en gesellig in te rig.”

Shelley hou nie van natuurlike of gebeitste hout nie, daarom is al die houtrame en stapeldeur­e wit geverf om die leefarea lig en oop te laat voel. Omdat die vloer uit verskeie soorte hout bestaan het, is dit ook wit geverf om die vertrek op te helder én te bespaar op ’n nuwe vloer.

“Ek hou van die ruimte omdat dit ideaal is vir goeie tye met familie en vriende,” verduideli­k sy. “Daar is altyd ’n gevoel van samesyn, al sit en doen my seun Cameron huiswerk in die studeerare­a terwyl ek TV in die sitkamer kyk.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa