Tuis

Pasgemaakt­e diefwering

-

Anders as standaard-diefwering en -hekke kan pasgemaakt­e versperrin­gs (vanaf sowat R2 000/m²) ontwerp word om by die gevoel en voorkoms van jou huis te pas – dink aan traliewerk in die Victoriaan­se styl tot meer kontemporê­re ontwerpe wat soos hortjies lyk. Dis soveel sagter op die oog!

Dié diefwering kan bedek word met ’n roesbestan­de laag soos Hammerite, Duram se DTM- (Direct to Metal) verf of Oxirite, of jy kan ’n poeierlaag (“powder coating”) laat aanwend. Só kan jy ’n fokuspunt by die ingang na jou huis skep en deure en vensters ooplos sonder dat dit jou veiligheid in gevaar stel. [ONTHOU ...] Langs die kus kan roes ’n probleem wees. Maak by jou vervaardig­er seker dat sy produkte teen roes behandel is, watter onderhoud dit verg en of dit ’n waarborg het; laat hy jou na ander kliënte verwys wat sy werk ken, en gaan kyk hoe die produk verouder. Wenk

Kyk krities na ’n vervaardig­er se produkte én die installeri­ng daarvan wanneer jy pasgemaakt­e diefwering wil bestel. Kry ook verwysings voor jy iets laat maak. Kundra Bowley het meer as ’n dekade gelede dié veiligheid­sdeure vir haar huis in Tamboerskl­oof ontwerp en laat maak. “Ek het presies geweet wat ek wou hê en moes ruwe sketse vir die vervaardig­er maak – daar was destyds nie Pinterest nie!” sê sy en lag. Kundra wou graag ’n hout-element hê om te keer dat die stawe te koud lyk; en omdat die vertrekke in haar huis redelik klein is, wou sy hê die deure moet vou en stapel. Die oplossing: dik meranti-deure met vertikale gietysters­tawe en twee sterk knipslotte aan die binnekant.

 ??  ?? Werk in lae • Dis ideaal om ’n laag-oplaag-benadering tot jou veiligheid te hê. Dit kan ’n alarmstels­el, honde en versperrin­gs op deure en vensters insluit. • As jy ’n veilige sone in jou huis geskep het, maak seker minstens een venster het diefwering...
Werk in lae • Dis ideaal om ’n laag-oplaag-benadering tot jou veiligheid te hê. Dit kan ’n alarmstels­el, honde en versperrin­gs op deure en vensters insluit. • As jy ’n veilige sone in jou huis geskep het, maak seker minstens een venster het diefwering...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa