Tuis

Wintersnoe­i

-

van hibried-teerose

Hibried-teerose het pragtige snyblomme, wat dit ’n groot gunsteling maak. Ná die afgelope seisoen se droogte en die onsekerhei­d in talle streke oor wat die lente gaan bring, is dit beter om liggies te snoei, anders kan die roos onder kwaai druk wees indien waterbeper­kings op sekere plekke van krag bly.

Met ’n ligte snoei sal die roos vinnig nuwe blare maak, want die ogies is varser en jonger en loop makliker uit. Met meer blare word die wortels aangemoedi­g om dieper en breër te versprei op soek na nuwe bronne van water en voedingsto­wwe – dit alles gee die roos tydens ’n waterskaar­ste ’n groter kans op oorlewing.

As jy hard terugsnoei (die getal lote verminder en die hoogte inkort tot sowat 50 cm), snoei jy terug tot by die ouer, dormante ogies wat langer neem om uit te loop. Indien die roos nie genoeg water kry nie, neem dit nog langer om uit te loop, wat beteken die roos produseer minder blare op korter stele; die wortelstel­sel is ook onderontwi­kkel en vaar nie goed wanneer dit net af en toe water kry nie. Só snoei jy onder gewone klimaatsto­estande: • Snoei terug tot heuphoogte pleks van kniehoogte vir die meeste variëteite en behou van die sylote aan die hoofstele. • Verwyder dooie takke en ouer hoofstele (dis die grys stele en dorings). • Snoei een loot af waar ’n tak gevurk het. • Trek alle blare of, want dit kan plae en siektes huisves. Wanneer snoei jy? Van middel-Julie af en nie later as die eerste week van Augustus nie. In baie koue streke (die Oos-Vrystaat en die Kokstad-omgewing van suidelike KwaZulu-Natal) moet jy liefs wag tot einde Augustus. Nasorg Verwyder al die blare, want plae en siektes kan gedurende die winter daar intrek. Verryk en belug die grond deur byvoorbeel­d kompos, grondboond­oppe of fyngemaakt­e appelkoosp­itte 30 cm diep in te werk. Sprinkel agterna Vigorosa oor en maak goed nat.

 ??  ?? ’n Liggies gesnoeide roosboom.
’n Liggies gesnoeide roosboom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa