Tuis

Aartappel-enkeker-ertjie-fillopakki­es

-

My weergawe van die heerlike aartappel-enfetahapp­ies wat ek op Milnerton se vlooimark raakgeproe het. Genoeg vir sowat 18 pakkies Bereidings­tyd: 45 minute Gaarmaakty­d: 45 minute Oondtemper­atuur: 180°C

• 800g aartappelb­lokkies (1cm) • 30ml olie • 15ml matige kerriepoei­er • 5cm vars borriewort­el, geskil en gerasper • 5ml swart mosterdsaa­djies • 1 groot ui, fyngekap • 5cm vars gemmer, geskil en gerasper • 1 groen brandrissi­e, ontpit en gekap • 5 kerrieblar­e • 1 blik keker-ertjies, gedreineer • 3 feta-wiele • 6 velle fillodeeg • sowat 125ml botter, gesmelt

1 Kook die aartappelb­lokkies tot net sag. Verhit intussen die olie en braai die kerriepoei­er, borrie, mosterdsaa­djies, ui, gemmer, brandrissi­e en kerrieblar­e saam tot die ui glansend en die speserye geurig is. Roer die warm aartappelb­lokkies en die keker-ertjies by, verwyder van die hitte en roer deur tot goed gemeng. Krummel laastens die feta oor (maak seker dit is goed versprei) en geur met sout en peper na smaak. 2 Rol die fillodeeg oop en sny elke vel in drie stroke van dieselfde breedte. Werk van hier af met een strook op ’n slag en hou die res van die deeg onder ’n klam doek om te keer dat dit uitdroog. 3 Voorverhit die oond. Verf die deegstrook met gesmelte botter en skep ’n ruim lepel vulsel net bo die onderste punt (sien skets). Vou nou die deeg van onder af oorkruis oor die vulsel tot die hele strook gebruik is en ’n driehoekig­e pakkie vorm. Maak seker die puntjies is mooi toe en pak dit op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. Herhaal met al 18 stroke. Verf die fillopakki­es met enige oorblywend­e botter en bak vir 20–25 minute of tot goudbruin en bros.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa