Tuis

Kerrie-viskoekies

-

Viskoekies bly ’n lieflike manier om oorskiet- gebraaide vis te gebruik (is dit dan nie hoeka snoektyd nie?). Meng minstens twee soorte vis vir die beste resultate. Genoeg vir 12 viskoekies Bereidings­tyd: 45 minute Gaarmaakty­d: 25 minute

• 4 mediumgroo­t aartappels (sowat 500g), geskil • sowat 250g gerookte snoek, gevlok • sowat 450g ferm wit vis, gevlok • 15ml elk vismasala en matige kerriepoei­er • 60ml gekapte vars koljander • 4 sprietuie, wit gedeeltes fyngekap • sowat 125ml meel • 3 eierwitte (hou die gele vir die mayonnaise), geklits • ongeveer 350ml Panko-broodkrumm­els* • olyfolie en botter vir vlakbraai • suurlemoen­wiggies vir voorsit

1 Kook die aartappels in soutwater tot gaar, dreineer en maak goed fyn. Geur met sout en peper en laat effens afkoel. Meng dan die gevlokte vis, speserye, koljander en sprietuie deur, vorm die mengsel in 12 ewe groot viskoekies en sit in die yskas vir 1 uur (dit is dan makliker om die koekies te hanteer en met die krummels te bedek). 2 Rol die viskoekies eers in die meel; skud enige oortollige meel af en doop hulle dan in die eierwit en laaste in die broodkrumm­els. 3 Braai die koekies in olyfolie en botter tot goudbruin alkante en lekker bros. Sit warm voor met suurlemoen­wiggies en mayonnaise. * Panko is ’n Japansesty­l-broodkrumm­el (die naam beteken brood in Japannees). Panko-stukkies is baie lig – meer vlokkies as krummels – en dit absorbeer minder olie as gewone broodkrumm­els wanneer dit gebraai word. Kry dit by Woolworths.

MASALA-MAYONNAISE Klits 3 eiergele, 5 ml Dijonmoste­rd, 5 ml mosterd

saadjies, 15 ml suurlemoen­sap en sowat 3 ml masala-kerriepoei­er saam tot dik en romerig. Klits nou sowat 200 ml kanola-olie druppel vir druppel by tot die mengsel dik en glad is. Sodra die helfte van die olie ingeklits is, kan jy begin om die olie in ’n dun straaltjie by te voeg. Geur na smaak met sout en peper en voeg nog suurlemoen­sap by as jy wil.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa