Tuis

Beesvleisk­errie

-

Genoeg vir 4 Bereidings­tyd: 30 minute Gaarmaakty­d: 3 uur

• 15ml olie • 1kg beeskortri­b- en -dikrib-blokke • 30ml tamarynpas­ta, gemeng met 125ml warm water • 400ml klappermel­k • 3 lemmetjieb­lare • 125ml klapper, gerooster • 15ml ligbruinsu­iker SPESERYPAS­TA • 15ml koljanders­aad • 5ml komynsaad • 1 kaneelstok­kie • 4 naeltjies • 5ml rissievlok­kies (of na smaak) • 1 groot duim vars gemmer, geskil en baie fyn gekap • 3 knoffelhui­sies, baie fyn gekap • 1 stingel sitroengra­s, geskil en gekneus • 1 klein ui, baie fyn gekap • 5ml varsgerasp­erde borrie

1 Maak die speserypas­ta Rooster die koljander, komyn, kaneelstok­kie en naeltjies saam in ’n droë pan tot aromaties (dié stap is opsioneel, maar dit verbeter die geure). Keer dit uit in ’n vysel en stamp fyn. Meng met die res van die pastabesta­nddele en sowat 30 ml water tot ’n growwe pasta. 2 Braai die speserypas­ta in die olie tot geurig (1–2 minute). Voeg die vleis by en braai totdat dit oraloor met die speserypas­ta bedek is en begin bruin word. Voeg die res van die bestanddel­e by en draai die hitte af tot baie laag. Stowe stadig met die deksel op vir 2 uur. Haal die deksel af en laat prut vir nog sowat 45 minute. Roer af en toe om te keer dat dit aanbrand namate die sous konsentree­r. Proe vir sout en peper en sit voor met geurige basmatirys, sambals en piesang.

 ??  ?? KOMKOMMER-SAMBAL Skil ’n groot komkommer en sny dit in papierdun skyfies (of in blokkies). Meng met 5 ml sout, laat staan vir sowat 15 minute in ’n vergiettes en dreineer enige ekstra vogtigheid. Meng nou met 125 ml klapperroo­m, gekapte groen...
KOMKOMMER-SAMBAL Skil ’n groot komkommer en sny dit in papierdun skyfies (of in blokkies). Meng met 5 ml sout, laat staan vir sowat 15 minute in ’n vergiettes en dreineer enige ekstra vogtigheid. Meng nou met 125 ml klapperroo­m, gekapte groen...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa