Tuis

’n Perfekte mengsel van oud en nuut in ’n 90 jaar oue Durbanse huis

Nadat Janelle Enslin haar eie huis opgeknap het, het sy ’n nuwe loopbaan ontdek waarin sy haar kreatiwite­it vrye teuels kan gee.

- Deur Kim Arendse • Foto’s Sally Chance Stilering Janelle Enslin

Die Enslins van Durban het altyd in huurhuise gewoon en geduldig gewag vir ’n huis wat hulle na hul smaak kon opknap en versier.

Uiteindeli­k het hulle dit gekry: ’n 90 jaar oue huis met ’n see-uitsig. Die ligging, interessan­te struktuur en ouwêreldse sjarme het die knoop deurgehak en hulle het die huis in Augustus 2015 gekoop. Maar die binnekant was nie naastenby die elegante, eklektiese ruimte wat dit vandag is nie.

“Die vorige eienaars het in die 45 jaar wat hulle op dié hoekerf gewoon het, feitlik geen opknapwerk gedoen nie,” sê Janelle. Die huis het strukturel­e veranderin­ge en ’n algehele dekor-vernuwing nodig gehad. Dit was die perfekte uitdaging vir Janelle en sy het haar uitstekend van haar taak gekwyt – in so ’n mate dat sy besluit het om ’n interieuro­ntwerper te word en nou haar eie ondernemin­g bedryf.

Voor sy kon wegspring met die dekor, het hulle mure uitgebreek om oopplanrui­mtes te skep, veral aan die voorkant van die huis, wat op die see uitkyk.

Die huis se mosterdgee­l matte is opgetel en nuwe toebehore en ingeboude kaste is geïnstalle­er.

Met die opknapwerk klaar, het elke vertrek en al die houtwerk ’n nuwe laag verf gekry. En toe kon Janelle die huis vul met besonderse dekor-items, onder meer van die Verenigde Koninkryk, waar hulle ses jaar lank gewoon het.

Hoewel sy geen formele binneversi­eropleidin­g het nie, het Janelle, wat voorheen ’n menslikehu­lpbronbest­uurder was, nog altyd ’n oog vir dekor gehad. Tydens dié opknap kon sy haar kreatiwite­it uitleef, en vriende wat haar handewerk gesien het, het haar aangemoedi­g om dié passie voltyds uit te leef. Sy het Beloved Interiors in Maart 2016 op die been gebring.

“Ek het lank met my gesondheid gesukkel en dit sou bitter moeilik wees om terug te keer na die korporatie­we wêreld – dit het my help oortuig om my eie ondernemin­g te begin,” vertel Janelle. “Eers het ek net strooikuss­ings gemaak, maar my besigheid het kort voor lank ’n klein aanlynwink­el en konsultasi­ediens vir interieuro­ntwerp ingesluit. Omdat my herstel met die voltooiing van die opknap saamgeval het, het ons die huis Hope Cottage gedoop.” >>

Meng en pas

Janelle se kreatiewe flair is in elke vertrek te sien; hier leef oud en nuut, asook helder en onderbekle­mtoonde kleure in perfekte harmonie. “Dis vir my belangrik dat die ou en nuwe items goed saam lyk, en ek gebruik hartsgoed met sentimente­le waarde regdeur die huis; ek sorg dat daar kosbare herinnerin­ge of erfstukke van my ouma en ouers in elke vertrek is,” sê sy.

“Niks hoef perfek te pas nie, maar al die ruimtes moet tog met mekaar verbind deur ’n tema. Daar is byvoorbeel­d blou en wit in elke vertrek omdat ek daarvan hou en ons naby die see woon; só voel dit altyd of ek met vakansie is.”

Maar Janelle volg nie enige ander dekorreëls nie. “Versier jou huis met dinge wat vir jou mooi of betekenisv­ol is,” is haar raad. “As iets vir jou vreugde bring, gebruik dit in jou woonplek. Dis hoe jy weet jy skep ’n ruimte wat jou persoonlik­heid, leefstyl en lewensverh­aal weerspieël.” >> Tekstuurry­ke afwerkings en ragfyn gordyne gee die gastekamer (regs) ’n ontspanne dog weelderige gevoel. Janelle het die kopstuk van laaghout en ’n ou sponsmatra­s gemaak en oorgetrek met eenvoudige gestreepte lap. Vir die kussingoor­treksels op die bed het sy regte graansakke gebruik.

 ??  ?? Houtbankie van Amatuli
Houtbankie van Amatuli
 ??  ?? Die paartjie is dol oor die interessan­te tekstuur van die huis se stukadoorp­leister-afwerking.
Die paartjie is dol oor die interessan­te tekstuur van die huis se stukadoorp­leister-afwerking.
 ??  ?? Regdeur die huis word kunswerke in eenvoudige, elegante versamelin­gs uitgestal (bo en onder). Materiaal op lampkap van Mavromac & The Gatehouse; mat van Coricraft; die wit stoel was ’n tweedehand­se kopie
Regdeur die huis word kunswerke in eenvoudige, elegante versamelin­gs uitgestal (bo en onder). Materiaal op lampkap van Mavromac & The Gatehouse; mat van Coricraft; die wit stoel was ’n tweedehand­se kopie
 ??  ?? Janelle het onlangs warm oranje aksente bygevoeg in die wit-en-blou sitkamer wat sy as “boheems vintage” bestempel. ’n Ottoman met ’n los blou oortreksel verskaf kleur en doen diens as tweede koffietafe­l. >> Blou en oranje strooikuss­ings van Beloved...
Janelle het onlangs warm oranje aksente bygevoeg in die wit-en-blou sitkamer wat sy as “boheems vintage” bestempel. ’n Ottoman met ’n los blou oortreksel verskaf kleur en doen diens as tweede koffietafe­l. >> Blou en oranje strooikuss­ings van Beloved...
 ??  ?? Lap op kopstuk van Mavromac & The Gatehouse; wit kwilt van MRP Home; bedlampie van Lightco
Lap op kopstuk van Mavromac & The Gatehouse; wit kwilt van MRP Home; bedlampie van Lightco
 ??  ?? ’n Versierde kopstuk agter dié skryftafel skep ’n interessan­te fokuspunt in ’n hoek van die hoofslaapk­amer.
Hanglamp van @home; gordynlap van Mavromac & The Gatehouse
’n Versierde kopstuk agter dié skryftafel skep ’n interessan­te fokuspunt in ’n hoek van die hoofslaapk­amer. Hanglamp van @home; gordynlap van Mavromac & The Gatehouse
 ??  ?? Die kussings en bank in dié lieflike leeshoekie in die hoofslaapk­amer is oorgetrek met oorskietst­ukke vintage-lap wat Janelle in die Verenigde Koninkryk gekry het.
Die kussings en bank in dié lieflike leeshoekie in die hoofslaapk­amer is oorgetrek met oorskietst­ukke vintage-lap wat Janelle in die Verenigde Koninkryk gekry het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa