Tuis

Opknap ’n Beknopte badkamer nou ’n stylvolle toevlug

Met slim beplanning is dié beknopte badkamer nou ’n ruim, stylvolle toevlug.

- Deur Carissa Govender • Foto’s Francois Oberholste­r Stilering Shelly Bergh

Ek is ongeloofli­k trots op die projek; ondanks al die teenspoed is die eindresult­aat perfek. – Inez

TToe Inez de Vries meer as ’n dekade gelede hoor haar suster se huis in Kuilsrivie­r is in die mark, het sy geweet met ’n bietjie harde werk sou dié lelike eendjie die pragtigste swaan word. Sy het die uitdaging aanvaar en die huis in 2008 gekoop, met tonne idees oor hoe sy die ruimte tot sy reg gaan laat kom.

Maar dit was ’n stadige proses. “Ek het jaar ná jaar, afhanged van my begroting, ’n projek probeer voltooi. Dis so ’n vervullend­e ervaring om die plek te verander presies soos ek dit wil hê – en ek kan ure lank deur ou uitgawes van Tuis blaai,” sê sy.

Tot dusver het sy ’n stoep en braaikamer aangebou, die garage in ’n gastekamer met en suite-badkamer omskep, die hoofslaapk­amer opgeknap en nuwe vloere gelê. Sy het regdeur die huis aardse afwerkings soos sement en hout gekies om die huis ’n tydlose gevoel te gee.

Haar nuutste projek, wat vanjaar voltooi is, getuig dubbel en dwars van haar moed. Die badkamer was net 6 m² groot, volgens Inez “heeltemal te beknop”. Daar was ’n bad, maar dit het na haar mening net ruimte in beslag geneem: “Ek het dit net twee keer per jaar gebruik,” sê sy en lag.

Die toegeboude stort het haar ook gepla, toe laat sy dit saam met die bad uitbreek en skuif die toilet, wasbak en stort so dat dit beter gebruik maak van die ruimte. Danksy die nuwe uitleg kon Inez haar droom bewaarheid: ’n oop stort met ’n reënstortk­op.

’n Leerkurwe

Die projek is ná vier weke voltooi, maar daar was haakplekke. Al glo Inez in mondelings­e aanbevelin­gs vir kontrakteu­rs, was dit in dié geval nie die beste keuse nie. Twee onvervare loodgieter­s en ’n houtverska­ffer wat nie reg gemeet het nie, het vir ’n terugslag gesorg. Maar Inez het haar nie laat afskrik nie.

Vorige projekte het haar geleer om alles te bevraagtek­en; toe ’n bouer nie haar vrae bevredigen­d kon beantwoord nie, het sy betroubaar­der kontrakteu­rs gekry wat die afwerking en dienste wat sy verlang het, kon verskaf.

“Die verbeterin­g van my huis is ’n nimmereind­igende projek,” sê sy. Die badkamer was op 14 Februarie kant en klaar – “’n oulike Valentynsg­eskenk aan myself!”

 ??  ?? Wie woon hier? Inez de Vries
WAAR Kuilsrivie­r, Kaapstad GROOTTE 6 m² DIE VENSTERS Die blindings is verwyder en die vensters met matglas vervang; dit laat meer natuurlike lig in, wat die ruimte groter laat voel. DIE STORT Danksy ’n effense helling wat...
Wie woon hier? Inez de Vries WAAR Kuilsrivie­r, Kaapstad GROOTTE 6 m² DIE VENSTERS Die blindings is verwyder en die vensters met matglas vervang; dit laat meer natuurlike lig in, wat die ruimte groter laat voel. DIE STORT Danksy ’n effense helling wat...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa