Tuis

’n Grafiese fokusmuur perfek vir ’n tegno-slim tiener

Die Madsen-Leibold-gesin pak ’n verfprojek aan en skep ’n indrukwekk­ende ‘moederbord’ teen Gerard se kamermuur.

- Deur Kim Arendse • Stilering Shelly Bergh • Foto’s Inge Prins

TToe Ansophí (18) vroeër vanjaar haar kamer in haar ouerhuis in Somerset-Wes ontruim om meganiese ingenieurs­wese aan die Universite­it Stellenbos­ch te gaan studeer, het haar boetie, Gerard (15), gespring om die kamer syne te maak.

Maar dit was nog in Ansophí se styl met ’n mooi fokusmuur van voëls in ’n boom – darem net te vroulik na Gerard, ’n gr. 10-leerder en groot aanhanger van elektronik­a en rekenaars, se smaak.

Toe die gesin besluit om vir hom ’n nuwe fokusmuur te verf, het Ansophí kom hand bysit. Die ontwerp? ’n Voorstelli­ng van ’n rekenaar se moederbord.

Ná ’n bietjie navorsing aanlyn het Ansophí die skets in Photoshop gemaak, asook ’n 3D-ontwerp sodat almal kon sien hoe die muur gaan lyk.

Eers is die agtergrond donkergrys geverf – ’n skakering wat spesiaal vir die projek gemeng is.

Daarna het Gerard en sy pa, Hardy, ’n ingenieur, die skets vergroot en op die muur nagetrek. En toe het almal, ma Marietjie inkluis, die lyne ingekleur met wit en ’n spesiaal gemengde oranje verf en kwaste van verskillen­de groottes.

Vele hande was beslis in hul geval ligte werk – en Gerard is hoog in sy skik met sy nuwe kamer!

Die verwery was goed vir die gesin; ons het musiek geluister, gesing en ons tyd saam waardeer.

– Marietjie

 ??  ?? Wie woon hier? Marietjie en Hardy Madsen-Leibold, hul seun, Gerard (15) en dogters, Ansophi (18) en Marike (21)
Wie woon hier? Marietjie en Hardy Madsen-Leibold, hul seun, Gerard (15) en dogters, Ansophi (18) en Marike (21)
 ??  ??
 ??  ?? Ansophí, Gerard en pa Hardy beplan die ontwerp.
Ansophí, Gerard en pa Hardy beplan die ontwerp.
 ??  ?? Blink plan! Die tekening strek tot op die plafon en die kantmure, en skep sodoende ’n 3D-effek. Dit het die gesin vier dae geneem om die projek te voltooi.
Blink plan! Die tekening strek tot op die plafon en die kantmure, en skep sodoende ’n 3D-effek. Dit het die gesin vier dae geneem om die projek te voltooi.
 ??  ?? Voor
Voor
 ??  ?? Ansophí hard aan die konsentree­r.
Ansophí hard aan die konsentree­r.
 ??  ?? Soek jy nog inspireren­de verfprojek­te, stapvir-stap-tegnieke en kennersraa­d? Tuis Verf Dit is die antwoord – dis nou op die rakke!
Soek jy nog inspireren­de verfprojek­te, stapvir-stap-tegnieke en kennersraa­d? Tuis Verf Dit is die antwoord – dis nou op die rakke!
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa