Tuis

Laaste kans om in te skryf vir Regruk met Flair 2017!

-

As jy ’n passie vir opknap het, of die geleenthei­d soek om jou opknapspie­re te bult, is ons jaarlikse

Regruk met Flair-kompetisie die perfekte geleenthei­d! Stuur eenvoudig foto’s van jou projek in – en jy kan wegstap met jou deel van R73 000 se welkome koopbewyse.

Ons Regruk met Flair-kompetisie wys vir die 9de agtereenvo­lgende jaar waartoe Suid-Afrika se vernuftigs­te opknappers in staat is – dis mense wat nie skrik vir hande vuilmaak nie en in die proses ook graag ’n geldjie spaar!

En onthou: Jy kan enigiets inskryf – van ’n hele huis tot net een vertrek. SKRYF SÓ IN Besoek fixit.tuis.co.za en skryf aanlyn in; met die nuwe, verbeterde webwerf is dit nog makliker om jou projek met ons te deel. As jy enige navrae het, stuur e-pos na roxanne.cloete@media24.com of skakel 021 408 3815. Maak asseblief seker jy verskaf hoëresolus­ie-foto’s (minstens 2MB elk).

INSKRYWING­S SLUIT 30 Junie 2017 BELANGRIK Onthou die volgende: • Jy moet kortliks verduideli­k wat jou projek behels het en ’n uiteensett­ing van die koste saamstuur. • Projekte moet oor die afgelope drie jaar plaasgevin­d het. Die huismense moet minstens 50% van die werk self gedoen het – dis ’n kompetisie vir mense wat self inspring.

BUCO (voorheen Pennypinch­ers) en Timbercity borg die kompetisie. Die wenners ontvang ’n R35 000koopbew­ys, en daar is talle ander koopbewyse vir die inskrywing­s wat deurdring tot die top-10 en top-5. Jy kan vanjaar se wenner wees!

 ??  ?? Lisa en Sias Reynolds, Beaufort-Wes
Lisa en Sias Reynolds, Beaufort-Wes
 ??  ?? Stanley Cornelius en Candice Theunissen, Wolseley
Stanley Cornelius en Candice Theunissen, Wolseley
 ??  ?? Mark en Cheryl Kelman, Pietermari­tzburg
Mark en Cheryl Kelman, Pietermari­tzburg
 ??  ?? Andrew en Victoria Zekveld, Pietermari­tzburg
Andrew en Victoria Zekveld, Pietermari­tzburg
 ??  ?? Dewald en Erika van Zyl, Prins Albert
Dewald en Erika van Zyl, Prins Albert

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa