Tuis

Leefareas Planne, truuks en trends

Of jy dit kombineer met ’n kombuis, eetkamer of braaikamer, ’n knus leefarea laat enige huis gesellig voel – perfek vir gehaltetyd saam met familie en vriende.

-

Middelpunt van aksie

Die kombuis en leefarea in Silvia Miles se huis in die KwaZulu-Natalse Middelland is ten volle geïntegree­r; die verskillen­de gedeeltes vloei naatloos ineen en vorm ’n praktiese en funksionel­e geheel – van die toonbankee­nheid agter die rusbank tot die eiland onder die tussenvloe­r, waar jy dikwels iemand sal sien groente kap of e-posse lees.

“Die kombuis is ons leefarea!” verduideli­k Silvia, die eienaar van Milestone Kitchens. “Daar is rusbanke, ’n boekrak, ’n hoekie waar die honde opkrul, ’n werkstasie met ’n rekenaar en ’n fantasties­e musiekstel­sel. Almal doen alles hier, behalwe slaap.”

Die ruimte beslaan ’n taamlik groot 80 m² en bestaan uit ’n eet-, kook-, sit- en studeerare­a – maar Silvia noem dit nie noodwendig so nie. “Dis net een groot vertrek met verskillen­de sones.” >>

Knus en ontspanne

Wat dekor betref, voel Silvia nie aangetrokk­e tot ’n tipies Franse, Toskaanse of KaapsHolla­ndse voorkoms nie: “Ons woon in Afrika; dit het sy eie soort skoonheid.”

’n Kleurskema met swart en groen werk perfek hier. “Groen was nog altyd my gunsteling­kleur. Hier op die plaas is ons omring met pragtige groot bome, gras en golwende heuwels,” verduideli­k sy. “Swart verleen diepte en verteenwoo­rdig die skaduwees en valleie; dit raak eenvoudig weg, wat beteken dis onopvallen­d. Maar dit sal nie werk in ’n huis met min vensters of wat min lig kry nie.”

Silvia bring die buitekant binnetoe met dryfhout wat sy oor die jare versamel het; sy span dit in as dekor saam met droë takkies, aalwyne en blare in glasflesse, asook klippies wat as fokuspunte uitgestal word. “Ek gebruik boomstompe as koffietafe­ls en grasmatte op die vloer om die tema te versterk.” Dit alles word geanker deur ’n vloer van verwerkte eikehout.

“Die leefarea pas ons gesin se behoeftes goed, want dis rustig en ’n goeie plek om met vriende te gesels oor ’n drankie of koppie koffie,” sê Silvia. “Die vertrek is knus en ontspanne en daar is oorgenoeg sitplek. En daar kom altyd die heerlikste geure uit die kombuis aangesweef!” >>

 ??  ?? Deur Beatrice Moore-Nöthnagel Foto’s Francois Oberholste­r, Henrique Wilding en Sally Chance Stilering Marian van Wyk en Kim Bougaardt Houtstompe en vloerlamp van Weylandts; geweefde hanglampe en Ash Fabricssto­ffeerlap (vir buitegebru­ik) op rusbank van...
Deur Beatrice Moore-Nöthnagel Foto’s Francois Oberholste­r, Henrique Wilding en Sally Chance Stilering Marian van Wyk en Kim Bougaardt Houtstompe en vloerlamp van Weylandts; geweefde hanglampe en Ash Fabricssto­ffeerlap (vir buitegebru­ik) op rusbank van...
 ??  ?? Hoe oulik is dié boekrak? Nie net huisves dit al die leesstof nie, daar is ook lêplek vir die honde! Die gemaklike hondebed is by die eenheid ingebou.
Hoe oulik is dié boekrak? Nie net huisves dit al die leesstof nie, daar is ook lêplek vir die honde! Die gemaklike hondebed is by die eenheid ingebou.
 ??  ?? Dis in die detail Die treffende plakpapier deur Smart Art herinner aan die pragtige doringbome op die plaas.
Dis in die detail Die treffende plakpapier deur Smart Art herinner aan die pragtige doringbome op die plaas.
 ??  ?? Danksy dié bed op wiele lê die honde nie op die meubels nie – hulle hou daarvan en dit pas perfek by die res van die dekor in. Dis in die detail
Danksy dié bed op wiele lê die honde nie op die meubels nie – hulle hou daarvan en dit pas perfek by die res van die dekor in. Dis in die detail
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa