Tuis

Plante van die maand Winterblom­me vir jou huis

Al is dit winter, is daar steeds blomme om te pluk vir jou huis. Hier is ’n paar staatmaker­s wat in die koue maande blom!

- Marié Esterhuyse Deur Marié Esterhuyse Foto’s Francois Oberholste­r Stilering Hermien Coetzee

Jou tuin hoef nie vaal te wees in die winter nie,” gesels Hermien Coetzee van Flowers in the Foyer op Stellenbos­ch. “Daar is genoeg plante wat nou blom en jy vir jou huis kan pluk.

“Dink maar aan magnolias, kamelias, blomkweper­s, die inheemse gemmerbos, ’n verskeiden­heid proteas, Serrurias, aronskelke in die Kaapse winter en helderoran­je vuurpyle.”

Maar dis nie al nie. “Voor jy begin snoei, pluk ook die bessies, sade en roosbottel­s wat nog sedert die herfs aan die takke sit. Dit lyk altyd mooi in ’n winterrang­skikking.”

Gemmerbos of watersalie (Tetradenia riparia)

Dit is moeilik om die gemmerbos se veeragtige blomme mis te kyk. Dié inheemse struik blom gedurende die winter in pers, wit en soms ook pienk aan die bopunt van die plant se kaal takke. Blomtyd is van Junie tot Augustus, en as jy in ’n rypgebied bly, plant dit in ’n warmer deel van jou tuin of beskerm die struik teen ryp om te keer dat die blomme skade kry. (Die plant se natuurlike habitat is dele met min of geen ryp, soos KwaZulu-Natal en Mpumalanga.)

Gemmerbos groei vinnig en sal in die eerste jaar al blomme dra. Die blare is geurig en die plant word tradisione­el vir medisinale doeleindes gebruik. Plant dit in goed gedreineer­de, komposryke grond in volson. In warmer dele sal dit ook in halfskaduw­ee aard. Dit het in die somer meer water as in die winter nodig – dus die ideale plant vir somerreëns­treke. >>

 ??  ?? Kies blombakke in donker of aardse kleure om by die winterstem­ming te pas. Dit komplement­eer die seisoen en die kleur van die bessies en blomme.
Kies blombakke in donker of aardse kleure om by die winterstem­ming te pas. Dit komplement­eer die seisoen en die kleur van die bessies en blomme.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa