Tuis

Beligting Kenners gee raad

Tuinligte is nie net ’n praktiese element nie, dit gee saans lewe aan jou buite-areas en help met sekuriteit. Ons het gaan ‘kers opsteek’ by vyf kenners ...

-

Ons paneel Neville Orsmond

van Create a Landscape in Pretoria, ’n ou bekende in Tuis, het 12 jaar ondervindi­ng van tuinuitleg.

Greg Segal

van Profession­al Illuminati­on Design is al meer as 24 jaar betrokke by beligting en het ’n sertifikaa­t in beligtings­ingenieurs­wese van die Universite­it van Kaapstad.

Walter Cloete

is ’n tuinboukun­dige van Walgro in die Strand; hy ontwerp al vir 33 jaar tuine in die omgewing.

Wiidrich Dreyer

van Koi Creations in Pretoria is die afgelope 17 jaar by tuinuitleg en -beplanning betrokke.

Marcus Smit

van Marcus Smit Jacobs Argitekte op Somerset-Wes is al 20 jaar in die bedryf. Hoewel argitektuu­r sy nering is, is hy ook dol oor tuinmaak.

Begin met ’n plan

Tuinbeligt­ing val in een van twee kategorieë: Dis óf funksionee­l, óf esteties.

“Funksionel­e ligte is ideaal vir grensmure, donker kolle en tuinpaadji­es,” sê Neville. “Dan kan jy sien wanneer ongewenste elemente jou tuin betree. Jy wil ook nie oor klippe, die tuinslang of jou gieter val nie.”

Hy hou van liggies langs paadjies en teen die mure van ’n huis, solank dit so geplaas is dat dit nie in jou oë skyn nie; dit dra ook by tot die atmosfeer. “Al die funksionel­e ligte hoef nie op een skakelaar te wees en gelyk te brand nie. Ek gebruik ook graag tydreëlska­kelaars by sommige ligte,” voeg hy by.

Wanneer jy jou beplanning doen, werk met twee of drie elektriese lyne, is Neville se raad: lyn 1 byvoorbeel­d vir die kragpunte in jou tuin, lyn 2 vir die funksionel­e ligte en lyn 3 vir die estetiese ligte. Dis prakties om al die lyne van jou huis af te laat lei sodat jy dit van daar af kan reguleer.

Installeri­ng

Laat installeer hierdie lyne deur ’n elektrisië­n in oorleg met jou tuinbeplan­ner. Dis belangrik dat jy nooit jou tuinbeligt­ing self bedraad nie, maar dit deur ’n gekwalifis­eerde elektrisië­n laat doen, anders gaan jy waarskynli­k nie ’n elektriese sertifikaa­t kry wanneer jy jou huis wil verkoop nie.

Hoewel planne vir tuinbeligt­ing nie deur jou plaaslike owerheid goedgekeur hoef te word nie, is ’n gedetaille­erde plan van waar die kabels begrawe is noodsaakli­k sodat jy nie later kabels beskadig wanneer jy aanbou of in jou tuin werk nie.

Maak ook seker dat jy 12-volt-ligte gebruik. Dis nie net veiliger vir kinders, tuiniers en troeteldie­re nie, maar voldoen ook aan die voorgeskre­we regulasies. Vra by jou handelaar vir SELV (safety extra low voltage).

Die idee is om tuinpaadji­es en stoeptrapp­ies in lig te koester, pleks van dit helder en spierwit te verlig. – Greg Segal

Moenie elke beeld, boom of pot in jou tuin belig nie. Fokus op die mooiste element in jou tuin en laat sagte lig die res van die tuin net-net blootlê. – Neville

Groen opsies

Sonpanele as kragbron vir tuinbeligt­ing raak al hoe gewilder, maar Walter waarsku dat jou panele die voldoende sterkte moet hê vir die aantal en soort ligte in die tuin. Indien jy ’n sonpaneel-stelsel vir die huis het, kan jy die tuin daarby insluit, maar as jy ligte met hul eie sonpanele installeer, laat ’n kenner raad gee voor jy koop, of gaan saam met jou tuinbeplan­ner na die verskaffer.

“Wees versigtig vir die goedkoop, selfdoenti­pe sonkraglig­te wat die mandjies vol lê by ysterwarew­inkels,” sê hy. “Dikwels is die batterye net sterk genoeg om lig tot middernag te verskaf en sal dit nie vir sekuriteit­sbeligting deug nie.”

Vanweë toenemende eko-bewustheid is daar deesdae ’n groot verskeiden­heid “groen energie”-opsies beskikbaar.

“Sonligte is nie net energiebes­parend nie, maar dit spaar ook baie op duur kabelwerk. Selfs feetjielig­gies werk nou al met sonkrag. Jy kan jou tuin in ’n sprokieswê­reld omskep deur dit tussen boomtakke deur te lei.”

Walter waarsku ook teen swak gehalte. “Die meeste goedkoop sonligte hou net ’n jaar en dan moet die herlaaibar­e battery vervang word. Goeie gehalte hou beslis langer en is die ekstra rande werd. Hoe groter die paneel, hoe helderder en langer skyn die LUD’s. Vra raad by die winkelpers­oneel voor jy koop.”

Materiaal

Die lewensduur van jou tuinligte hang af van die materiaal waarvan dit gemaak is. Produkte van goeie gehalte kan 15 tot 20 jaar hou. Walter sê die beste tuinligte, wat die aanslag van die elemente sal oorleef, is dié wat deur vlekvrye staal of UV-bestande plastiek omhul word. Gewone staal roes en aluminium verweer, sê hy.

Volgens Wiidrich moet ligte wat in jou swembad of ’n fontein gebruik word, elke seisoen nagegaan word vir moontlike herseëling. “Ons gebruik waterdigte jel-koppelstuk­ke en besproeiin­gskabels vir hegting onder water. Lasplekke onder die grond word met ’n klein bietjie sement vasgesit sodat pype nie rondskuif en die lasse in gevaar stel nie. Ek maak ’n bietjie sement aan en grawe ’n holtetjie onder die lasplek waarin ek die sement gooi en die pyp posisionee­r.

“Kies ook goeie waterdigte skakelaars vir buitegebru­ik. Dit help nie jy bestee geld op waterdigte gloeilampe of ligte en die skakelaars lek nie,” vertel Wiidrich. Hy voeg by dat jy ook nie voor die versoeking moet swig om by goedkoop winkeltjie­s op die hoek te koop nie.

Greg stem saam: “Vermy goedkoop plastiekli­gte, want die uiterste SuidAfrika­anse klimaatsto­estande sal gou met hulle klaarspeel.”

 ??  ??
 ?? Deur Maryke Roberts Foto’s ER Lombard en verskaf ??
Deur Maryke Roberts Foto’s ER Lombard en verskaf

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa