Tuis

Dekordilem­ma

-

DIE UITDAGING

Teresa Tiedje vra op Facebook Ons het ’n paar maande gelede by ons huis ingetrek en het hulp nodig met ons oopplan-sit-en-eetkamer. Dis ’n klein ruimte wat altyd deurmekaar lyk. En omdat dit die deurloop van die voordeur af is, kan ons nie ons meubels teen die muur skuif om ekstra ruimte te skep nie. Ons het nog nie meubels gekoop nie, so ons gebruik nog ou stoele en ’n stel patiomeube­ls. Ons wil die vertrek graag verf en hou van skakerings van bruin en die voorkoms van natuurlike klip. Enige raad?

DIE OPLOSSING

Die stilis en fotograaf Margaux Tait van mylifestyl­ed.co.za het die

volgende raad Ons almal sukkel van tyd tot tyd met ’n ruimte wat nie werk nie. Die grootste fout wat mense maak, is om meubels in te bring wat te groot is vir die vertrek, of te veel meubels wat die vloei van die vertrek belemmer. Ek het ’n paar staatmaker-planne wat enige ruimte in ’n japtrap sal omtower ...

1 DIE PALET Kies warm, neutrale kleure soos Salisbury Stones 5 of Natural Hessian van Dulux. ’n Liggrys, soos Dusted Moss 3, sal ook wonderlik lyk hier. Verf al die mure vir eenvormigh­eid tussen die twee areas; dit sal die ruimte visueel bymekaarbr­ing en dit ’n aanloklike, oop gevoel gee. As jy wil, kan jy ’n spatsel kleur (probeer kobaltblou) of ’n koper-element inbring; albei sal mooi pas by daardie verfkleure.

’n Ligte kleurpalet werk die beste as jy dit kombineer met teksture wat diepte en visuele trefkrag skep; hou dit in gedagte wanneer jy inkopies doen. Probeer hoëglansve­rf op sekere meubelstuk­ke om lig deur die ruimte te kaats en die oog te tref.

2 MEUBELS Het jy geweet dat jou ruimte groter kan lyk juis deur jou meubels van die muur weg te skuif? Selfs net ’n paar sentimeter sal ’n verskil maak. Hou ook in gedagte dat hout kleur toevoeg. Wanneer jy te veel verskillen­de soorte saam gebruik, kan jou ruimte deurmekaar lyk. Verf eerder ’n paar items, of hou by hoogstens twee soorte hout; ek stel ligte houtsoorte voor omdat dié ruimte so knap is.

Oorweeg ’n kleiner L-vormige bank voor die kaggel en ottomans vir ekstra sitplek pleks van ’n verskeiden­heid stoele en rusbanke. Jy kan ook bankies aan die eetkamerta­fel se lang sye gebruik met ’n stoel by elke kort sy; so kan jy die ruimte ten beste benut.

Groot, kleurvolle matte in albei areas sal die ruimte ophelder; dit moet groot genoeg wees om onder ’n meubelgroe­pering te pas sodat dit die area anker.

3 MUURKUNS Bly weg van ’n klomp klein kunswerke en kies liewer ’n paar groter werke vir diepte en elegansie. Stal dit bo ooghoogte uit om die illusie van hoogte te skep.

4 VEELDOELIG­E ITEMS Gebruik minder meubels en kies veeldoelig­e ontwerpe wat meer as een funksie het. Oorweeg byvoorbeel­d ’n koffietafe­l met ingeboude bêreplek vir tydskrifte, of ’n ottoman wat ook pakplek het vir strooikuss­ings of dekens.

5 FOKUS! Tekstuurry­ke plakpapier in ’n soortgelyk­e kleur as die muur sal ’n interessan­te fokuspunt agter die eetkamerta­fel skep.

6 KYK OP! Gebruik interessan­te, hoë rakke en lang plante om die oog na bo te lei en die illusie van hoogte te skep. ’n Lang hanglamp wat uit die plafon hang, is ook ’n goeie idee. Skep dan laag-op-laagbeligt­ing met staan- en tafellampe waarmee jy ’n sagte, romantiese atmosfeer kan bewerkstel­lig.

7 VENSTERS Los die vensters onbedek; die ruimte sal dadelik oper en ruimer voel sonder gordyne. As jy dink die vertrek gaan te warm raak of te veel son kry, oorweeg verdonkerb­lindings wat jy kan laat sak soos nodig. >>

 ??  ??
 ??  ?? 7 1 2 Ons is dol oor die lang bankies wat onder die tafel kan instoot en ruimte sal bespaar. 5 6 4 3 6
7 1 2 Ons is dol oor die lang bankies wat onder die tafel kan instoot en ruimte sal bespaar. 5 6 4 3 6

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa