Tuis

Kry jou kultuur inspuiting byeen van dié plaaslike kunsfees te!

-

29 Junie–9 Julie: Nasionale Kunstefees, Grahamstad Of jy belangstel in komedie, teater, jazz of ballet, daar is iets vir almal in Grahamstad by die grootste jaarlikse viering van die kunste in Afrika. Koop kaartjies aanlyn by nationalar­tsfestival.co.za. 30 Junie–21 Julie: Plett ARTS Festival, Plettenber­gbaai Verkyk jou aan die pragtige omgewing en verdiep jou in musiek, drama, komedie, kunsuitsta­llings en bekroonde

flieks. Besoek plett-tourism.co.za vir besonderhe­de. 5–8 Julie: Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees Met meer as 300 kunstenaar­s, akteurs en musikante, asook ’n gratis teater, fliekteate­r en honderde handwerk stalletjie­s, kan jy hope pret verwag. Kaartjies is beskikbaar by innibos.co.za of Computicke­t. Skakel 013 741 5294. Saamgestel deur Shané Barnard Stuur dagboeknuu­s minstens drie maande vooruit na dagboek@tuis.co.za.

29 Junie–8 Julie: Besoek die AVA-galery in Kaapstad vir ’n uitstallin­g deur 55 streeksfin­aliste in die jaarlikse PPC Imaginariu­m Awards. Vir dié pryse skep ontluikend­e kunstenaar­s en ontwerpers werke met Portland-sement. Toegang is gratis. Skakel 021 685 0169.

1: Besoek die I heartmark by die Moses Mabhida-stadion in

Durban op die eerste Saterdag van elke maand vir tuisgemaak­te kos, mode-artikels, huisware en kuns. Stuur e-pos na info@iheartmkt.com. Foto Justin Bennewith 2, 9, 16, 23, 30: Moenie die Jazz and Cheese Fondues by Delheim se intieme wynkelder op Stellenbos­ch (van 25 Junie tot 27 Augustus) misloop nie. Geniet heerlike Switserses­tyl-kaas en luister na plaaslike kunstenaar­s. Besoek delheim.com. 7–16: Die Pick n Pay Knysna Oesterfees het ’n program vir die hele gesin, asook gourmetkos en sport – en moenie die oesters vergeet nie! Meer inligting by oysterfest­ival.co.za. 13–16: Rooster jou eie koffie en geniet dit saam met sjokolade by die Cocoa Mokka Music Lounge tydens die Coffee and Chocolate Expo by Montecasin­o, Johannesbu­rg. Koop jou kaartjies vooraf vir R120, of by die deur vir R150. Besoek coffeechoc.co.za. 17: Augustus-Tuis is nou te koop! 18: Brei ’n serp, help uit by ’n welsynsorg­anisasie... Doen wat jy kan vir Mandeladag! 21–30: Verdryf die koue by die Hogsbackwi­nterfees! Daar’s van kookdemons­trasies tot kos-en-wynparings, handwerkma­rkte en praatjies oor alles en nog wat. Gaan loer by hogsbackin­fo.co.za vir nog inligting. 29: Geniet wyne in die Kaapse Port-styl langs ’n kaggel by die Flavours of Winter-fees op die geskiedkun­dige Muratielan­dgoed, Stellenbos­ch. Kaartjies teen R100 sluit ’n proeglas in. Skakel 021 865 2330 of stuur e-pos na taste@muratie.co.za.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Koöperasie­stories
Koöperasie­stories
 ??  ?? Vanessa Cook en Vuyelwa Maluleke in Tartuffe.
Vanessa Cook en Vuyelwa Maluleke in Tartuffe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa