Tuis

’n Vakansiehu­is-gevoel

-

Die voormalige eienaars, Evi en Jochem Elsner van Home Concept, het die ruim huis met sy hoë plafonne self ontwerp en ses jaar lank hier gewoon voor hulle Yzerfontei­n toe getrek het. Hulle is goed bevriend met die Wandel-susters en kom kuier gereeld – ’n ervaring wat Evi beskryf as “tegelyk bekend én vreemd”.

Die huis is ontwerp met gemak in gedagte, verduideli­k sy. Dis seker hoekom mense dikwels sê dit voel meer soos ’n vakansiehu­is. “Vir ons was dit net ’n gemaklike lekkerleef-huis met ’n ontspanne atmosfeer en genoeg plek vir al ons vriende – ons troeteldie­re het dit net soveel geniet! Ek is bly dis nog steeds so ’n knus, lugtige ruimte met ’n pragtige uitsig.”

Die Wandel-susters, wat die huis in 2016 gekoop het, was dol oor die oop ruimtes wat terselfder­tyd genoeg privaathei­d bied. “Ons het ook ons hart verloor op die houtvoorde­ur en die houtraam rondom die venster in die leefarea. Elke detail is vir ons pragtig!”

Die huis front noord met ’n berguitsig aan die noorde en die see sigbaar op die horison. “Jy kan dit uit elke venster sien,” sê Andrea. “In die somer kan ons ure op die terras deurbring.”

Nog ’n gunsteling-kuierkol is die balkon op die tweede vlak. “Ons span heerlik uit op die groot rusbank en kuier ook graag met vriende hier.” Danksy die ligging van die balkon is dit beskut teen die somerwind. >>

Die ou hout van die tafel is regtig mooi. Wanneer ons ons hart op ‘n ou meubelstuk

verloor, moet ons ’n plekkie daarvoor kry! –Marion

 ??  ?? Jochem het die groot spieël in die eetarea self gemaak. “Dit weerkaats die vertrek en skep die illusie van meer ruimte. Die lap wat ek bo-oor gegooi het, is deursigtig, wat ’n driedimens­ionele effek skep,” sê Andrea. Hulle het die eetkamerta­fel en...
Jochem het die groot spieël in die eetarea self gemaak. “Dit weerkaats die vertrek en skep die illusie van meer ruimte. Die lap wat ek bo-oor gegooi het, is deursigtig, wat ’n driedimens­ionele effek skep,” sê Andrea. Hulle het die eetkamerta­fel en...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa