Tuis

Almal welkom

-

Toe Lizanne en Johannes van Waart in 2003 hul huis in Stellenbos­ch bou, het hulle ’n duidelike idee gehad van wat hulle wou hê: ’n ruim leefkamer en stoep wat die hart van die huis vorm – nes die voorkamers in die Karoo-huise waarin hulle grootgewor­d het. “Ek is grootgemaa­k met die idee van ’n oop huis waar gaste enige tyd kan kom inloer vir ’n kuier, veral oor naweke,” verduideli­k Lizanne.

Vandag maak die kuier- en braai-area deel uit van die stoep met sy groot stapeldeur­e wat op die aanloklike swembad oopmaak. Maar die belangriks­te van als? Almal is welkom.

“Ons kuier soggens en saans op die stoep,” sê Lizanne. “Dis waar ons soggens ’n vinnige ontbyt eet en saans uitspan met ’n glas wyn. Naweke kom kuier my ouers, ons kinders – Henri (30) en Christiaan (20) – en hul vriende almal hier.

“Trouens, ons braai elke Sondagaand. Dis ’n tradisie wat ons baie jare gelede begin het toe die kinders koshuis toe is. Dit was ’n somber affêre, toe besluit ons om almal op te beur met ’n braai voor hulle die pad moes vat. Omdat ons albei Karoo-kinders is, is groot maaltye aan tafel vir ons belangrik.”

Wat dekor betref, was gordyne glad nie op Lizanne se lysie nie; sy wou soveel natuurlike lig moontlik inlaat. Sy beskryf haar styl as ’n kombinasie van oud en nuut met helder kleure, Indiese invloede en ’n titsel Franse flair. “My vriende sê altyd my huis is vir hulle interessan­t. Dis hoe ek my uitdruk,” sê Lizanne. “Ek hou van lap en kleur, en ek is baie sentimente­el oor dinge wat ’n storie vertel. Ek dink omdat ek ’n sielkundig­e is, lê mense en hul stories my na aan die hart – en dieselfde geld vir my dekor.”

 ??  ?? VERSKAFFER­S Arabesque 021 424 1234 Brigitte Hills Interiors 083 652 9895, brigittehi­lls.co.za Flordecor 072 199 3795 La-Z-Boy 021 951 7150, la-z-boy.co.za Milestone Kitchens 076 949 5745, milestonek­itchens.co.za Natural Stone Warehouse 021 06 1300,...
VERSKAFFER­S Arabesque 021 424 1234 Brigitte Hills Interiors 083 652 9895, brigittehi­lls.co.za Flordecor 072 199 3795 La-Z-Boy 021 951 7150, la-z-boy.co.za Milestone Kitchens 076 949 5745, milestonek­itchens.co.za Natural Stone Warehouse 021 06 1300,...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa