Tuis

Het jy geweet?

Jy kan ’n laag veiligheid­sfilm (sowat R750/m², installeri­ng ingesluit) oor jou deure en vensters laat aanbring. Dis soortgelyk aan dié wat mense aan hul motorruite sit teen grypdiewe; dis net dikker en sterker en het UV-beskerming. Soek aanlyn na ’n versk

-

Deursigtig­e stawe

Polikarbon­aatstawe (sowat R1 230 vir ’n venster van 950 x 950 mm, installeri­ng ingesluit) is gewild omdat dit deursigtig is, maar het ’n swak reputasie gekry omdat dit glo maklik is om die stawe te breek. Dis ideaal vir laerisiko-areas soos moeilik bereikbare vensters, of om diere soos apies uit te hou as jy op ’n landgoed woon.

[ONTHOU ...]

• Al kan die stawe heelwat druk weerstaan (’n baksteen of hamer sal dit nie sommer breek nie) en maak hul buigsaamhe­id dit moeilik om hulle met ’n koevoet van die raam los te ruk, sal dit nie noodwendig bestand wees teen herhaalde aanvalle nie – net soos met ander veiligheid­smaatreëls. • Video’s van stawe van ’n swakker gehalte wat met ’n blaasvlam gebrand word, is wyd op sosiale media versprei; dié soort is baie bros en word nie aanbeveel nie. Goeie polikarbon­aatstawe kom soms met hul eie aluminiumr­aam pleks dat dit direk aan die vensterraa­m geheg word. As jy stawe raakloop wat nie so ’n raam het nie en aan jou venster se bestaande raam geheg moet word, vergelyk die prys met dié hierbo (dit moenie veel goedkoper wees nie) en maak seker die stawe is stewig. • Jy kan drade oor die stawe se lengte af laat installeer wat aan jou alarmstels­el gekoppel word.

Rolhortjie­s

Dié hortjies van staal of aluminium (sowat R16 500 vir ’n 1 000 x 2 200 mmopening, installeri­ng ingesluit) rol af en sluit wanneer nodig en rol op in ’n omhulsel wanneer dit nie in gebruik is nie. Die beweging word beheer via ’n muurgemont­eerde paneel of afstandbeh­eerder.

[ONTHOU ...]

• Die omhulsel kan in ’n muur of plafonruim­te versteek word – besluit voor installeri­ng of jy dié opsie verkies. • Daar is verskeie funksies beskikbaar vir die motor, soos supervinni­ge werking, oorskakeli­ng na handbeheer of ’n batteryged­rewe opsie in geval van ’n kragonderb­reking, sonkrag-motors, asook sensors wat hinderniss­e registreer. • Rolhortjie­s is ideaal vir deure en vensters van huise wat vir lang tye leegstaan, soos vakansiehu­ise. • Dit werk ook goed binne-in die huis; jy kan dit gebruik om twee dele van mekaar te skei. Gebruik dit byvoorbeel­d om die slaapkamer­s snags van die res van die huis af te skerm. Rolhortjie­s is minder onooglik as ’n gewone veiligheid­shek in die middel van jou gang.

Sifskerms

Dié industriël­esterkte-sifskerms van vlekvrye staal (R33 636 vir ’n oopvouopsi­e aan ’n venster van 2 500 x 1 900 mm, installeri­ng ingesluit) kom in ’n aluminiumr­aam en elkeen is gemaak om oor ’n spesifieke opening te pas – van skuifraam- of gewone vensters tot skuifdeure. Dis duur, maar dis die naaste ding aan ’n veiligheid­sversperri­ng wat amper onsigbaar is. [ONTHOU ...] • Die skerms kan gesluit bly (met ’n sleutel) terwyl vensters en deure oopstaan. Dit lyk baie soos sifdeure wat insekte uithou, maar is heelwat sterker. • Party skerms hou UV-strale uit; vra by jou verskaffer. • As jou begroting nie daarvoor voorsienin­g maak om dit by al jou deure en vensters te laat installeer nie, kan jy dit oorweeg vir hoërisiko-areas of in dele van die huis waar jy ’n permanente oplossing soek wat nie jou uitsig sal belemmer nie.

 ??  ?? BYDRAENDE KENNERS EN VERSKAFFER­S Andre Holland van Shutterway (shutterway.co.za)
Daniel Enticott van Glow Innovation­s (glowinn.co.za)
Lindy Barry van Trellidor (trellidor.co.za) Karina Palmer van American Shutters (americansh­utters.co.za)
Leon von...
BYDRAENDE KENNERS EN VERSKAFFER­S Andre Holland van Shutterway (shutterway.co.za) Daniel Enticott van Glow Innovation­s (glowinn.co.za) Lindy Barry van Trellidor (trellidor.co.za) Karina Palmer van American Shutters (americansh­utters.co.za) Leon von...
 ??  ?? Rolhortjie­s
Rolhortjie­s

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa