Tuis

Só maak jy waterwys tuin

-

Sally Knipe van Port Elizabeth skryf My plante oorleef nie die droogte nie en ek wil graag dié winter alles in my tuin vervang met waterwys opsies sodat dit reg sal wees vir die warmer maande wat kom. Enige raad?

Nick Stodel, besturende direkteur van Stodels-tuinsentru­ms, antwoord Kyk uit vir plante met dié kenmerke:

• Klein of naaldagtig­e

blare Hoe kleiner die blaar se oppervlak, hoe minder verdamping vind plaas. Oorweeg byvoorbeel­d bome soos die karee, akasia en blinkblaar-wag-’n-bietjie. • Grys loof Die kleur weerkaats sonstrale, wat dit koel hou en waterverli­es deur die blare verminder. Goeie keuses is laventel,

Artemisia, Arctotis en kruidjie-roer-my-nie. • Vlesige blare Water word in die blare gebêre en die plante – plakkies (Crassulas), vygies, aalwyne, woestynros­ies en spekboom – gebruik dit wanneer nodig. • Harige blare Hare vertraag die beweging van lug oor die stomata (porieë wat vir gaswisseli­ng gebruik word), wat waterverli­es verminder. Dié plante sluit die silwerboom, lammetjie-oor, bruinsalie en kooigoed

(Helichrysu­m) in. • Wasagtige blare ’n Waslaag voorkom waterverli­es; oorweeg Euonymus, Kalanchoe en die Indiese meidoring. • Blare met ligter onderkante Wanneer dié plante swaar kry, draai hulle die blare met hul ligter onderkant na die son om die lig weg te kaats. Wildeolyfb­ome, Gazanias en inheemse buddlejas is voorbeelde. • Stewige interne struktuur Harde stele ondersteun blare beter, sodat water nie daarvan afloop en grond toe drup soos gebeur by plante met sagte, slap blare nie. Voorbeelde is Strelitzia­s, Restios en sisalplant­e (Agaves). • Olieryk In streke met ’n warm, droë somer het party plante aangepas deur olies af te skei wat die blare bedek en hulle teen waterverli­es weens verdamping beskerm. Oorweeg roosmaryn, laventel en salie.

KONTAK stodels.com >>

 ??  ?? Laventel Kooigoed Wildepiesa­ng (Strelitzia nicolai) Vygies en gousblomme Spekboom
Laventel Kooigoed Wildepiesa­ng (Strelitzia nicolai) Vygies en gousblomme Spekboom

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa