Tuis

Vlooie en winterblou­tes

-

Jenny Mason van Durban skryf Is dit nodig om vlooiprodu­kte in die kouer maande te gebruik? My worshonde krap omtrent nooit in die winter nie, maar ons gaan stap nog gereeld in die park. Enige raad?

Dr. Lauren Geraty van Merial South Africa, wat in dieregeson­dheid spesialise­er, antwoord

Anders as wat baie mense dink, gaan vlooie nie in ’n winterslaa­p nie, maar kom van die ergste vlooi-infestasie­s juis nou voor wanneer eienaars vlooi- en bosluisbeh­eer staak. Die winter met sy laer temperatur­e is eintlik die ideale tyd om ’n voorsprong te kry in die stryd teen vlooie. Hou die volgende in gedagte: 1 Die wintermaan­de kan dalk verligting bring vir jou diere se gejeuk, maar dit beteken nie hulle het nie vlooie nie. As jy in die lente eers weer begin behandel teen vlooie, sal jy 3 tot 4 maande agter wees. Behandel maandeliks deur die jaar om te keer dat dit gebeur. 2 Behandelin­gs elke 12–14 weke is nie voldoende om vlooie deur hul hele lewensiklu­s weg te hou nie. Volwasse vlooie maak net 5% van die totale bevolking uit; die ander 95% is eiers, larwes en papies. Vra jou veearts om ’n produk aan te beveel wat vlooie in alle stadiums van hul lewensiklu­s doodmaak. 3 Hoewel dit belangrik is dat jy jou huis skoon hou deur gereeld te stofsuig en te spuit teen vlooie, is dit nie genoeg nie. Jy moet jou diere self elke maand behandel, anders sal vlooie op hulle voed, eiers lê en vermeerder.

SOORT PRODUKTE

Aanwend-produkte Drupbehand­elings word een maal per maand aangewend. Daarna bly die aktiewe bestanddel­e in die vel se oliekliere en word dit stadig deur die maand op die velen haaropperv­lak vrygestel om jou troeteldie­r te beskerm. Dit dood volwasse vlooie, larwes en eiers, asook enige vlooie of bosluise wat met jou troeteldie­r in aanraking kom. Sodra die behandelin­g aangewend en droog is, kan jou troeteldie­r weer swem of gebad word.

Koutablett­e Indien jou hond gedurig lek, lief is vir die buitelug of gereeld in die water speel, sal ’n koutablet ’n gerieflike­r opsie wees. Vir beskerming teen vlooie sowel as bosluise, kies ’n produk soos Nexgard, ’n koutablet met groente as basis wat een keer per maand toegedien word. Dit is bekostigba­ar en troeteldie­re aanvaar dit maklik.

KONTAK frontlinep­lus.co.za of nexgardfor­dogs.com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa