Tuis

Neem dié wenke in ag voor jy finale besluite oor tuinbeligt­ing neem:

-

Walter

• Jou tuin se ontwerp – ook die ligte – moet by jou lewenstyl en behoeftes pas. • Dit is altyd goed om tuinligte aan ’n tydskakela­ar of ligsensor te verbind sodat dit vanself aan- en afgaan. Sodoende spaar jy krag én die moeite om elke liewe lig teen skemer aan te skakel en party teen slaaptyd weer af te skakel.

Greg

• Hou jou beligting subtiel. Skep eerder atmosfeer as om roekelose oorbeligti­ng te skep wat jou tuin soos ’n sportveld sal laat lyk. Neem ook jou bure in ag: As jou ligte heelnag by hul venster inskyn, gaan julle stry kry! • Vermy gekleurde ligte in jou tuin – dit kan maklik goedkoop en afgeskeep lyk. Fokus op warm, wit ligte wat die groen van jou plante sal uitbring.

Wiidrich

• Oorweeg om jou tuinpaadji­e af te rond met ’n toulig wat deel vorm van jou plaveisel se borand. Dié soort lig is beskerm teen die elemente en skyn na die gras toe, maar verleen genoeg lig dat mense veilig met die tuinpaadji­e langs kan beweeg. Dié ligte word in lengtes van 10 m of 20 m verkoop.

Marcus

• Argitekte is nie noodwendig tuinkenner­s nie, maar span jou argitek in by die hele erf se beplanning sodat jou projek ’n geheel vorm. Jou tuin en huis se ontwerp moet mekaar aanvul en argitekte kan goeie raad daaroor gee. • Ligte wat na bo gedraai is en hoër op in bome geposision­eer word, is ’n goeie opsie vir sagte algemene beligting wat ook ’n fokuspunt van die loof maak.

Neville

• ’n Goed ontwerpte beligtings­plan verseker ’n naatlose oorgang tussen jou huis en tuin en vergroot jou onthaalrui­mte. • Moenie sensorligt­e vir ander doeleindes as sekuriteit gebruik nie – dit lewer helder sprei-tipe lig wat jou gaste kan verblind en boonop al die kleur in jou tuin laat verbleek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa