Tuis

Take vir Julie

- Deur Kay Montgomery

Snoeiwenke

Somer- en herfsblomm­ende struike moet nou gesnoei word, en rose eers laat in Julie (sien Ludwig se rooshoekie). Snoei struike terug in ’n mooi ronde vorm en verwyder enige dooie hout of lang, dun stele wat onnet lyk. In baie koue tuine moet jy liewer eers in Augustus snoei om rypskade by nuwe lote te vermy.

Moenie banksia- of erfenisros­e nou snoei nie; jy gaan ontwikkele­nde blomknoppe verwyder. Dieselfde geld vir lenteblomm­ende rankers en struike soos Chinese jasmyn (Jasminum polyanthum), sterjasmyn (Trachelosp­ermum jasminoide­s) en verbleikbl­omme (Brunfelsia pauciflora).

Bladwissel­ende vrugtebome word volgens soort gesnoei, en jy moet weet op watter hout die vrugte gedra word; vra jou plaaslike tuinsentru­m om hulp.

Beskerming en privaathei­d

In die winter, wanneer kleure vervaag en die tuin meer gestroop lyk, bied immergroen plante ’n welkome kleurinspu­iting.

In kouer wintertuin­e sal konifere langs die grens wind afkeer en plante beskerm. Konifere is immergroen, rypbestand en beskikbaar in verskillen­de vorms – kolomme, piramides of spreidend – met groen, goue of grys loof.

Heiningpla­nte is nie net geskik vir privaathei­d of omrandings, as windbesker­ming en nesmaakple­k vir voëls nie, dit kan ook binne-in ’n tuin gebruik word om een deel van ’n ander af te baken. Geskikte opsies is Abelia grandiflor­a, blousyselb­os, Escallonia, immergroen viburnums, Rhaphiolep­is en Kaapse kanferfoel­ie.

 ??  ?? Verbleikbl­omme Chinese jasmyn
Verbleikbl­omme Chinese jasmyn
 ??  ?? Blousyselb­os
Blousyselb­os

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa