Tuis

Ludwig se rooshoekie

Die rooskenner Ludwig Taschner gee snoeiwenke vir die winter.

-

V: Ek het die rankroos ‘Compassion’ teen latwerk aan ’n muur laat oprank, maar ek het meer blomme verwag. Hoe moet ek dit snoei?

Rankrose blom die mooiste wanneer hul lote horisontaa­l lê; dit aktiveer die ogies al langs die hele steel om uit te loop en te blom. Wanneer ’n steel boontoe groei, loop net die twee boonste ogies uit en blom; as dit ondertoe buig, blom dit weer net op die hoogste punt van die tak.

Met snoeityd kan jy die lote lossies aan stutte of ander stele vasbind sodat dit so horisontaa­l moontlik lê. Sodra die hoofstele vasgebind is, kan jy die sylote aan dié stele met sowat 10 cm terugsnoei. As jy ’n loot met twee tot drie ogies los, sal nuwe groei gou ontwikkel en die beste nuwe blomme sal op dié lote verskyn. Maak onnet groei skoon en snoei een loot af by vertakking­s. Sodra jy ’n hoofraamwe­rk het, is dit maklik om onnodige stele of sytakke te identifise­er en te verwyder. Jy kan takke van twee tot drie jaar oud behou as dit belangrik is vir die raamwerk. Verwyder blare waar moontlik.

Dis tydrowend, maar gaan die moeite werd wees as jy die pragtige blomme sien.

V: Ek het ‘Deloitte and Touche’-rose wat so laat in die winter nog baie mooi vertoon. Moet ek steeds snoei?

Jy kan tot einde Julie wag en minder natmaak sodat hulle noodgedwon­ge dormant moet raak. Wanneer jy ’n roos met ’n spreidende groeiwyse snoei, doen dit met ’n ligte hand; behou soveel moontlik takkies en horisontal­e groei. Die ogies loop meer eweredig uit op ’n horisontal­e loot en dit lewer beter nuwe groei en blomme.

 ??  ?? ‘Compassion’ ‘Deloitte and Touche’
‘Compassion’ ‘Deloitte and Touche’
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa