Tuis

Klappermel­k-en-kerrie-pampoensop

Glo my, die kombinasie van masala, tamatie en klappermel­k by die geroosterd­e pampoen is watertand-lekker.

-

Genoeg vir 6 porsies Bereidings­tyd: 30 minute Gaarmaakty­d: 1 uur Oondtemper­atuur: 200 °C

• 500g gemengde pampoen en botterskor­sie, in blokkies gesny • 4 knoffelhui­sies • 5 kerrieblar­e (of 2 lourierbla­re) • 15ml masala • 5cm vars borriewort­el, geskil en gerasper • 500g kersietama­ties • 30ml elk botter en olie • 2 uie, dungesny • knippie suiker • 1,2 liter hoenderaft­reksel • 1 blik klapperroo­m 1 Voorverhit die oond. Sprei die pampoen, botterskor­sie, knoffel en kerrie- of lourierbla­re uit op ’n gesmeerde bakplaat en strooi die masala en borrie oor. Geur met sout, peper en ’n skeut olie en rooster vir sowat 35 minute of tot gaar en sag. Roer so halfpad deur die bakproses. Dit is lekker as die pampoen hier en daar begin swart puntjies maak, maar nie te veel nie. As jou oond groot genoeg is, rooster sommer die tamaties terselfder­tyd met ’n bietjie olie, sout en peper op ’n aparte bakplaat. Dit neem net 10 minute voor die skilletjie­s oopbars en die tamaties ’n heerlik gekonsentr­eerde geur verkry. 2 Verhit die botter en olie saam in ’n groot pot en braai die uie stadig tot goudbruin en gekaramell­iseer. Om seker te maak die uie is smeltsag voor dit begin kleur kry, roer ’n skeut warm water by wat kan wegkook, en geur met ’n knippie suiker. Skep uit en hou eenkant. 3 Skep nou die gaar pampoen en enige vloeistof wat in die bakplaat mag wees in dieselfde pot en voeg die aftreksel by. Bring tot kookpunt en laat prut vir 10 minute. Maak die sop fyn met ’n staafmenge­r, roer die klapperroo­m en tamaties by en geur met sout en peper. Bring weer tot kookpunt. Ek hou van stukkies tamatie in myne, maar jy kan weer die staafmenge­r inspan as jy die sop glad verkies. Garneer met die karamel-uie en sit stomend warm voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa