Tuis

Versamelaa­rs van formaat

-

“Ek aard na my ouma Sadie Moorrees,” vertel Carla. “Sy het ’n pragtige huis gehad met vreeslike groot meubels en interessan­te vase. Ek het baie by haar geleer. Daarby is ek en Braam al twee versamelaa­rs. Ons kom nooit met leë hande terug van ’n veiling of ’n mark nie, hetsy vintage-markte oorsee of die Milnertonv­looimark.”

Elke vertrek het hope karakter danksy dié markvondst­e en optelgoed wat die storie vertel van die gesin se reis van Kanada terug na Suid-Afrika, en vakansies in Griekeland en Parys – twee gunsteling-bestemming­s. “Vir my het die huis ’n versamelaa­rsgevoel, maar Jana sê soms sy voel asof sy in ’n museum woon,” lag Carla.

Die swart-en-wit palet is nog ’n nuwigheid en skep ’n treffende kontras met al die spatsels silwer, koper en goud in die huis. “Ek het met ’n wit palet begin en so die afgelope twee jaar swart begin inbring vir dramatiese effek,” verduideli­k sy. “Ek kan net nie die spuitverf uitlos nie!

“My groot droom is nou om die hele huis buite swart te verf. Of miskien swart en wit. Ek dink nog. Hou hierdie ruimte dop!”

Braam skud net sy kop. “Jong, as jy lank genoeg stilsit, sal sy jou ook met die verfkwaste bykom!” >>

Voor die gastebadka­mer se venster (links) hang ’n ouwêreldse swart kanttafeld­oek wat op sy dag wit was. “As ’n ding nie werk nie, sal ek dit máák werk deur dit te kleur of te verf,” sê Carla. Die tafeltjie was Braam se st. 6-houtwerkpr­ojek.

 ??  ??
 ??  ?? In die portaal staan ’n lessenaar uit Jana se skooldae. Oor die afdruk van die skildery van ’n kaalbeen-kaptein Thomas Lee deur Marcus Gheeraerts II lag Carla net: “Ek en Braam kan vreeslik kreatief raak ná ’n paar glase wyn. Dit was ’n impulsiewe...
In die portaal staan ’n lessenaar uit Jana se skooldae. Oor die afdruk van die skildery van ’n kaalbeen-kaptein Thomas Lee deur Marcus Gheeraerts II lag Carla net: “Ek en Braam kan vreeslik kreatief raak ná ’n paar glase wyn. Dit was ’n impulsiewe...
 ??  ?? Carla het self die spieël op pad na die gastebadka­mer
(ook links onder) goud gespuitver­f, ’n treffende kontras teen die muur in Plascon Polvin Dark Onyx.
Carla het self die spieël op pad na die gastebadka­mer (ook links onder) goud gespuitver­f, ’n treffende kontras teen die muur in Plascon Polvin Dark Onyx.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa