Tuis

Gepoleerde beton

-

Dis die duursaamst­e opsie as jy ’n sementvoor­koms wil hê. Eers word die beton geskuur, wat die klipbrokki­es in die betonmengs­el ontbloot. Daarna word dit afgerond met ’n deurdringe­nde verseëlaar en met ’n poleerder gepoets.

Die argitek Nadine Engelbrech­t het ’n betonmengs­el van Lafarge (Artevia Polished Grey 9,5 mm Dolomitepo­mpmengsel) vir die vloere in haar huis in Pretoria gebruik. Danksy die sterkte is dit so te sê kraakvry.

Installeri­ng Nie alle betonvloer­e kan gepoets word nie; laat toets bestaande betonvloer­e, byvoorbeel­d onder afvlaklae, teëls of matte, deur ’n spesialis vir hardheid (die Mohs-toets). Indien jou vloer geskik is, sal enige bestaande verseëlaar­s of deklae eers verwyder en enige krake eers herstel moet word.

Spesialis-toerusting word dan gebruik vir die eerste skuurwerk, en nadat alle klein merkies verwyder is, word dit finaal gepoets. Jy kan ’n laaste, deursigtig­e verseëlaar aanwend as jy ’n spesifieke mat of glansafwer­king wil hê.

Droogtyd Jy kan tydens die poleerpros­es op die betonvloer loop. As jy ’n finale seëllaag laat aanwend, neem dit sowat 24 uur om droog te word.

Koste Sowat R330/m2 vir skuur, poleer en verseël; ’n 100 mm-betonlaag kos R180–R280/m2.

Jy kan dit self doen! Jy moet net al die nodige gereedskap (en vasberaden­heid!) hê.

 ??  ?? As jou sementvloe­r nie die vereiste sterkte (30 MPa) het nie, kan jy ’n nuwe sementvloe­r gooi of Stone Chip Flooring van Flooring Guru kies. Dis ’n gladde dekoratiew­e aanwending, 3 tot 15 mm dik, wat bestaan uit ’n basiskleur van jou keuse gemeng met...
As jou sementvloe­r nie die vereiste sterkte (30 MPa) het nie, kan jy ’n nuwe sementvloe­r gooi of Stone Chip Flooring van Flooring Guru kies. Dis ’n gladde dekoratiew­e aanwending, 3 tot 15 mm dik, wat bestaan uit ’n basiskleur van jou keuse gemeng met...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa