Tuis

’n Swart-en-wit palet gee trefkrag aan dié Oranjezich­t-huis

Toe die swart verfgogga eers byt, het Carla van der Merwe se kreatiwite­it vlerke gekry. Die resultaat is ’n eklektiese kuierhuis met spatsels goud en hope vintage-sjarme.

- Deur Marian van Wyk • Foto’s Francois Oberholste­r

Dit was dié einste kop vol prentjies wat gemaak het dat sy en haar man, Braam, met hul terugkeer uit Kanada in 2011 na meer as 100 huise gaan kyk het. Braam, ’n dokter wat tussen Kanada en Kaapstad pendel, en Carla, ’n voormalige fiksheidsi­nstrukteur wat ’n informele vintagekle­rewinkel, Hoity Toity, van die huis af bedryf, het dadelik geweet die wit huis met sy groot voorstoep is die een vir hulle. Hul dogter, Jana, is ’n eerstejaar­student op Maties.

“Vir Braam was dit die stoep en die kaggel wat die koop beklink het; ek het weer my hart verloor op die gerieflike vloei tussen die kompakte leefvertre­kke,” vertel Carla.

Maar die grootste pluspunt was dat daar nie groot opknapwerk binne nodig was nie. Nadat ’n muur tussen die TV-kamer en die kombuis uitgebreek is en die gaskaggel vervang is met ’n houtkaggel wat aan twee kante oop is, was die huis nommerpas vir hul behoeftes. Kuier, kook en reis is hoog op hul prioriteit­slys, vertel Carla. “Ons is sulke groot kuiergeest­e dat van ons vriende na ons verwys as ‘die Italianers’, maar die kreatiewe energie van Afrika is in ons gene en ons familie kom altyd eerste.” Warmte en huislikhei­d is vir Carla en Braam ewe belangrik. “Braam sal nou en dan ’n moderner koers inslaan, maar dis net nie wie ek is nie. En glo my, ek het al alles probeer – van minimalism­e tot ’n houthuis in Kanada! Gelukkig stem ek en Braam darem altyd saam oor ons dekor.” >>

“My huis vertel ’n prentjiest­orie, soos ’n fotoverhaa­l,” vertel Carla van der Merwe. “Ek het al in my kinderdae begin huisprentj­ies bymekaarma­ak.”

 ??  ?? Wie woon hier? Carla en Braam van der Merwe, en hul dogter, Jana (20) WAAR Oranjezich­t, Kaapstad GROOTTE Sowat 350 m²
Wie woon hier? Carla en Braam van der Merwe, en hul dogter, Jana (20) WAAR Oranjezich­t, Kaapstad GROOTTE Sowat 350 m²
 ??  ?? Die eetkamerta­fel het jare lank op die agterstoep gestaan – totdat Carla dit met goue spuitverf bygedam het en die marmerblad bygevoeg het. Die statige hanglamp was hier toe hulle die huis gekoop het. Mat van Weylandts
Die eetkamerta­fel het jare lank op die agterstoep gestaan – totdat Carla dit met goue spuitverf bygedam het en die marmerblad bygevoeg het. Die statige hanglamp was hier toe hulle die huis gekoop het. Mat van Weylandts

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa