Tuis

Dié sjiek stadswoons­tel in Pretoria was eers ’n fabriek

Dit sit nie in elkeen se broek om ’n pakhuis in ’n blyplek te omskep nie, maar vir die binne-ontwerper Ferdi Louw was dit ’n jare lange droom wat bewaarheid is.

- Deur Amanda van Wyngaardt • Foto’s ER Lombard

Kreatiewe, visuele oplossings is Ferdi Louw se lewe.

Dié Pretoriane­r en eienaar van Pulse Creative Concept Decorators spesialise­er in verftegnie­ke op meubels en mure, asook binneontwe­rp. En jare al droom hy daarvan om ’n pakhuis in sy droomhuis te omskep.

Tuis en Ferdi se paadjies het die eerste keer in 2009 gekruis toe hy pas sy werkswinke­l en ateljee geskuif het na ’n nywerheids­gebou in Capitol Park, ’n voorstad van Pretoria.

’n Jaar gelede het dié ou fabriek se boonste vloer – toe nog ’n gimnasium – beskikbaar geword en kon Ferdi uiteindeli­k sy droom bewaarheid.

Dit was ’n groot, oop ruimte van 300 m² met ’n hysbak-skag in die middel. Die enigste vertrekke was ’n aantrekkam­er en badkamer in die hoek.

Ferdi het dadelik aan die werk gespring. Met die gebruik van skerms en slim meubelplas­ing is die een groot vertrek in kleiner “kamers” verdeel. Een muur wat oor die hele lengte van die vloer strek is blou geverf, en dit het die toon aangegee vir die res van die dekor. Ter wille van deurlopend­heid is die hele sementvloe­r wit geverf, terwyl ’n baksteen-verftegnie­k teen van die oorblywend­e mure kontras verleen.

Nuutste tendense

Ferdi se styl is eklekties, maar die inkleding van sy New Yorkstyl-woning weerspieël alles wat tans die botoon voer in die dekorwêrel­d: tekstuurry­ke fluweel, tropiese detail, industriël­e afwerkings, treffende versamelin­gs oral – en die mooiste meubels, waaronder vintage-vinielkomb­uisstoele uit die middel van die vorige eeu.

“Vir kliënte doen ek altyd ’n goed beplande voorleggin­g, maar in my eie huis maak ek staat op gevoel,” verduideli­k hy. “Soms beplan ’n mens iets en dan werk dit nie; ander dinge val weer eenvoudig in plek.”

En moenie dink hy het voor die voet nuut gekoop nie. “Ek glo in hergebruik; dit wat ek het moet ek laat werk in die spasie tot my beskikking.

“Vir my gaan dit eerder oor meubelstuk­ke red, afstof en ’n ereplek gee. Wanneer ek na veilings en pandjieswi­nkels gaan, sien ek potensiaal in alles en dan jeuk my vingers om ’n stuk te neem en dit nuwe lewe te gee.”

Ferdi wou graag ’n tuin in sy ateljeewoo­nstel hê, toe laat druk hy ’n tropiese toneel op deursigtig­e viniel en plak dit oor die staalraamv­enster by die kombuis.

Ferdi se raad vir pakhuis-omskakelin­gs

• Begin met ’n skoon doek sodat jy nie te veel op die struktuur fokus nie. Die maklikste manier om dit reg te kry is deur alles eers wit te verf.

• Deel daarna die spasie op in denkbeeldi­ge vertrekke en skort dit af met skerms, ’n groot fokus-kas of ’n kunswerk.

• Onthou deurgaans om die ruimte as ’n geheel te beplan en nie elke vertrek in isolasie nie.

• Rig die ruimte gemaklik in sodat die leefvertre­kke aaneenvloe­i maar ander dele, soos die gastekamer, meer privaathei­d het.

• Jy het nie ’n argitek nodig nie; belê eerder in ’n goeie binneversi­erder of interieuro­ntwerper om jou te help met die ruimtelike beplanning.

• Om die temperatuu­r in ’n groot, oop ruimte te reguleer kan ’n tameletjie wees. Kies dus ’n plek wat noord en wes front sodat dit warm genoeg is in die winter. Klein vensters naby die plafon bring genoeg hitte in, maar sal dit nie te warm maak in die somer nie. Installeer groot waaiers vir koelte in die somer; dit pas sommer ook by die solder-voorkoms.

• Groot vertrekke met hoë plafonne kan maklik ’n eggo hê; belê in matte vir beter akoestiek.

• ’n Solderruim­te se aantrekkin­gskrag is sy spasie en lig. Maar saans is daar nie natuurlike lig nie en buisligte het geen atmosfeer nie, daarom is vloer- en tafelligte baie belangrik; dit help ook om verskillen­de funksionel­e ruimtes te definieer.

 ??  ??
 ??  ?? Huisplante soos varings, woestynros­ies (Echeveria) en ander vetplante, baba-se-trane (Soleirolia soleirolii ) en ’n wildevy in potte sluit aan by die groenighei­d teen die kombuisven­sters. Daarby sit Ferdi ook graag loof wat lank hou, soos groot...
Huisplante soos varings, woestynros­ies (Echeveria) en ander vetplante, baba-se-trane (Soleirolia soleirolii ) en ’n wildevy in potte sluit aan by die groenighei­d teen die kombuisven­sters. Daarby sit Ferdi ook graag loof wat lank hou, soos groot...
 ??  ??
 ??  ?? [ ] HOOFSLAAPK­AMER Die hoofslaapk­amer met sy sleebed is luuks en het ’n romantiese gevoel danksy ’n groot muskietnet en trommel. Die swart panele is die agterkant van die wêreldkaar­t in die sitgedeelt­e; Ferdi het dit met swartbordv­erf geverf en ’n...
[ ] HOOFSLAAPK­AMER Die hoofslaapk­amer met sy sleebed is luuks en het ’n romantiese gevoel danksy ’n groot muskietnet en trommel. Die swart panele is die agterkant van die wêreldkaar­t in die sitgedeelt­e; Ferdi het dit met swartbordv­erf geverf en ’n...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa