Tuis

Opknap ’n Ouwêreldse huis pronk weer in sy vorige glorie

Met baie geduld het die Van Zyls hul ouwêreldse huis in ere herstel.

- Deur Marian van Wyk • Foto’s Henrique Wilding

JJy het deursettin­gsvermoë nodig wanneer jy ’n ou huis koop wat van sy karakter gestroop is. Dít het die Kaapse binneversi­erder Lynette van Zyl van Ressource Décor gou-gou besef toe sy en haar man, Colin, in Julie verlede jaar hul huis in Observator­y aangeskaf het.

Die opknapproj­ek aan hul lelike eendjie het in September begin en is ondanks heelwat uitdagings binne ’n maand afgehandel, waarna hulle kon intrek. “Colin werk in die versekerin­gsbedryf,” vertel Lynette, “maar het argitektuu­r gestudeer en is ’n entoesiast­iese selfdoener. Sy kennis van ruimte en houtwerk het ongeloofli­k baie gehelp. Nog ’n pluspunt was dat die houtvloere in ’n perfekte toestand was.

“Gedurende die opknap het Colin by die huis ‘uitgekamp’ terwyl ek by my ouers gebly het. My arme man het ’n borsinfeks­ie gekry van al die stof. Hy moes ook vir twee dae ’n toilet by die kitskosres­taurant om die draai gebruik, want met die uitkap van al twee badkamers was hier geen watertoevo­er óf toilet nie!”

Die kombuis

GROOTTE 10,5 m2 Vertoonkas­te vir mooi breekware, slim ruimtebenu­tting en ’n gasstoof is vir Lynette ononderhan­delbaar wanneer sy ’n kombuis opknap. Haar nuwe blyplek se kombuis was “erg vervelig en gewoon”, vertel sy. “Ek wou ’n Franse landelike styl met ’n klassieke gevoel skep, maar daar was verskeie uitdagings.” Die grootste probleem was die agterdeur in die middel van ’n muur, wat ’n moderne, funksionel­e uitleg bemoeilik het. Boonop het die melamienka­ste waterskade gehad.

Ná baie ure se navorsing oor klein ruimtes op Pinterest en ’n vakansie in Parys het Lynette die prentjie in haar kop verfyn tot ’n donkerblou, grys, swart en wit palet wat die illusie van ruimte sou skep. “Ons het ook die agterdeur toegebou sodat ons die ruimte beter kon benut. Só kon ons meer kaste en dus ook werkvlakke inbou, en ontwerpdet­ail soos die eikehoutka­s insluit sodat die vertrek nie soos ’n skeepskomb­uis lyk nie.”

Sy is heel in haar noppies met die resultaat. “Dis lekker om hier te werskaf. Ek is veral dol oor my gasstoof, en danksy die vertoonkas het ek al my breekware byderhand. Hoewel die natuurlike lig uitstekend is, lyk die vertrek saans ook ongeloofli­k mooi. Hier is goeie taakbeligt­ing asook sagte atmosfeerb­eligting wat die ontwerpdet­ail beklemtoon.

“Noudat hier meer werkvlakke is, het ek neersitple­k vir spesiale versamelgo­ed wat herinnerin­ge terugbring van ons vakansies in Frankryk en Italië.”

In die kombuis wou Lynette die atmosfeer van ’n Franse bistro skep, vandaar die swart stoof en antieke spieël wat bo die stoof as spatvlak dien. Die kontraster­ende palet van ligte en donker mure en ontwerpdet­ail skep die illusie van ruimte.

Die badkamer

GROOTTE 5 m2 Lynette wou graag die ongeriefli­ke badkamer met sy outydse afwerking ook ’n tikkie Franse flair gee. Dis reg langs die kombuis, soos dikwels in ou huise die geval is. “Daar was nie eens ’n wasbakkass­ie nie,” verduideli­k sy. Die stort was boonop versonke. “Die vloer moes beslis op een vlak wees.”

Lynette het die stuk muur afgebreek wat die stort so beknop laat voel het, die stortvloer gelig en raamlose glas laat installeer.

Pleks van teëls is houtpanele teen die muur geïnstalle­er wat die Victoriaan­se argitektuu­r komplement­eer, asook ’n wasbakkass­ie wat groot genoeg is om ’n mooi fokuspunt te vorm. Donker mure skep ’n knus, ontspanne atmosfeer – presies wat Lynette voel ’n badkamer moet hê. >>

Die Van Zyls het hul rande gerek deur die oorspronkl­ike bad met sy krane, asook die ou koperstort­kop en -krane, weer te gebruik. Die spieël bo die wasbak het sy jare gelede tweedehand­s gekoop en toe geverf. Handdoek van Weylandts

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Wie woon hier? Lynette en Colin van Zyl
WAAR Observator­y, Kaapstad
Wie woon hier? Lynette en Colin van Zyl WAAR Observator­y, Kaapstad
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Porseleint­eëls en koperdetai­l skep die gesofistik­eerde gevoel wat Lynette in die badkamer wou hê.
Porseleint­eëls en koperdetai­l skep die gesofistik­eerde gevoel wat Lynette in die badkamer wou hê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa