Tuis

Take vir Augustus

- Deur Kay Montgomery

Die tuin ontwaak

Tekens van nuwe groei op struike en bome is ’n aanduiding dat jou tuin uit sy winterslaa­p ontwaak. Maar dis ook nou dat plae weer lewe kry. Hou ’n oog oop vir slakke en naakslakke wat knibbel aan sappige nuwe groei, asook goggas soos plantluise wat knoppe beskadig.

Snoei rose wat nie verlede maand gesnoei is nie (sien Ludwig se rooshoekie). Plante wat lyk of hulle dood is, kan dalk nog lewe. Wag tot die rypgevaar verby is voor jy verlepte blare van struike en meerjarige­s verwyder, en dien kompos of algemene bemesting soos 2:3:2 toe. Maak nat om nuwe groei aan te moedig.

Verwyder dooie materiaal op grasperke met ’n hark of harde besem sodat lug, water en bemesting die wortels kan bereik. Vul enige holtes met ’n gras-bolaag. Maak goed nat nadat jy bemes het om te keer dat enige korrels aan die grashalms vassit en die gras brand.

Beskerm teen wind

In die somerreëns­treek is Augustus sinoniem met sterk wind. Gaan kwesbare bome en struike na en verwyder beskadigde takke. Stut nuut geplante bome en struike, want hulle het nog nie kans gehad het om ’n sterk wortelstel­sel te vestig nie en die nuwe wortels is kwesbaar vir windskade.

Beheer die gewig van plante wat in bome oprank om skade aan takke te vermy. Gaan hout- en staalstruk­ture en oorhoofse balke na wat ywerige rankers soos bougainvil­lea ondersteun; vervang waar nodig.

 ??  ?? Chinese jasmine Dis nou die tyd om ’n bietjie aandag aan jou grasperk te gee sodat dit in die somer op sy beste kan lyk; maak seker ywerige rankers soos bougainvil­leas is stewig vasgesteek om windskade te voorkom.
Chinese jasmine Dis nou die tyd om ’n bietjie aandag aan jou grasperk te gee sodat dit in die somer op sy beste kan lyk; maak seker ywerige rankers soos bougainvil­leas is stewig vasgesteek om windskade te voorkom.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa