Tuis

Korrektiew­e snoei

-

Is jy bekommerd dat jy nie “reg” gesnoei het nie? In Augustus het jy die kans om weer te probeer. Selfs al het jy nog glad nie gesnoei nie, is daar nog genoeg tyd; boonop sal jy kan sien hoeveel ogies uitgeloop het, wat vir jou aandui hoe die roos wil groei.

Indien daar sterk nuwe groei verder ondertoe op die steel is, snoei terug tot daar. Dit laat die roos sy energie op daardie ywerige nuwe lote fokus, en die resultaat is ’n sterk nuwe steel.

Struike met gevurkte takke en sylote kan ook weer gesnoei word. Snoei een loot waar ’n tak gevurk het en verwyder die sytakkies.

’n Ligte snoei kan ook veroorsaak dat blinde lote en te veel kort stele ontwikkel. Te veel ogies bly agter op die gesnoeide loot en dan loop hulle almal uit. Verminder geswelde of uitgeloopt­e ogies deur takkies en gevurkte lote af te sny; dit sal die energie op die oorblywend­e nuwe lote fokus, wat beter lote op alle bosrose (hibried-tee, floribunda-, Antico Modernoen Fairy Tale-rose) tot gevolg sal hê.

’n Korrektiew­e snoei is ook goed waar stele te na aan mekaar groei. In die algemeen moet daar 20 cm (min of meer ’n snoeiskêr se lengte) tussen die onderskeie stele wees. Dit laat genoeg ruimte vir nuwes om te groei en sorg dat die rose genoeg lig kry. Verwyder die stele wat na die middel van die bos of oorkruis oor ander stele groei.

Rankrose wat nie gesnoei en opgelei is nie, kan ook in Augustus gesnoei word. Maak die rose los en trek die stele los van mekaar. Verwyder ouer takke en maak die oorblywend­e stele aan ’n stut vas; sorg dat hulle so horisontaa­l moontlik lê. Dit aktiveer die ogies al langs die hele steel om uit te loop en te blom, nie dié net aan die punt van die steel nie.

 ??  ?? Dié roos het te veel sylote en kort ’n korrektiew­e snoei.
Dié roos het te veel sylote en kort ’n korrektiew­e snoei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa