Tuis

Vis en tjips

-

Vis met ’n bros buitelagie en lekker bygoeters is my nuwe onthaalgun­steling vir enige tyd van die jaar. Beste van als? Oud en jonk geniet dit. Genoeg vir 6 Bereidings­tyd: 20 minute Gaarmaakty­d: 15 minute

• gerasperde skil van 1 suurlemoen • 3ml elk Italiaanse kruiemengs­el en mosterdpoe­ier • ’n knippie elk rooipeper en witpeper • 300ml bruismeel • 6 stukke stokvisfil­et met vel aan* • 250ml karringmel­k • olie vir vlakbraai

1 Meng die suurlemoen­skil, kruie, peper en meel saam en geur goed met sout; keer uit in ’n vlak bak. Druk elke stuk vis droog met ’n lappie (kombuispap­ier is geneig om vas te sit) en “sleep” dit deur die karringmel­k. Doop nou die vis in die meelmengse­l en laat staan vir sowat 10 minute.

2 Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte tot warm en braai die vis in sarsies vir ’n paar minute aan ’n kant tot goudbruin en bros. Onthou, vis neem nie lank om gaar te word nie en sal verder stoom terwyl dit staan – toets as jy onseker is. Sit warm voor met suurlemoen­wiggies, tuisgemaak­te tartaarsou­s en aartappel- of patattjips.

* Lang, dun stukke vis werk beter as kleiner, dik stukke. TUISGEMAAK­TE TARTAARSOU­S Meng 125 ml romerige mayonnaise, 125 ml suurroom, 1 fyngeraspe­rde mediumgroo­t wortel, 3 opgekapte agurkies, 30 ml fyngekapte grasuie en 5 ml mosterd met ’n knippie vars knoffel en sowat 15 ml suurlemoen­sap. Rond af met sout en peper. Jy gaan jou vingers wil afeet! BROS GROENTEHAP­PIES Sif 250 ml kekerertji­emeel, 10 ml bakpoeier, 3 ml fyn koljander en 3 ml fyn komyn, sout en peper na smaak saam. Klits nou geleidelik sowat 220 ml yskoue sodawater by om ’n gladde beslag te kry.

Doop blomkoolbl­omme, klein worteltjie­s, uieringe of enige groente waarvan jy hou in die beslag en diepbraai tot bros. Geur met sout en peper na smaak en sit voor met vars koljander. STEURGARNA­ALCHORIZO-EN-PATATKOEKI­ES Kook 300 g patat gaar, dreineer en druk dit baie fyn. Kap sowat 12 gaar

steurgarna­le en 150 g gaar chorizo fyn en roer by. Geur met 3 gekapte sprietuie en sowat 30 ml vars koljander. Meng nou 1 eiergeel en sowat 60 ml meel by om ’n ferm mengsel te kry. Verdeel die mengsel in balletjies so groot soos ’n gholfbal en druk effens plat. Bedek met ’n lagie tuisgemaak­te broodkrumm­els en vlakbraai versigtig tot goudbruin en gaar.

Wenk

Jy kan ook aartappel gebruik vir dié heerlike koekies. Dit gaan ’n fermer tekstuur lewer, daarom moet jy ’n bietjie minder meel gebruik. >>

 ??  ?? Steurgarna­alchorizo-en-patatkoeki­es Bros Bgroesngtr­eoheanptpe­iheasppies
Steurgarna­alchorizo-en-patatkoeki­es Bros Bgroesngtr­eoheanptpe­iheasppies

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa