Tuis

Oliebolle met semolina

-

Indiese oliebolle, gulab jamun, word tradisione­el gemaak met meel en melkpoeier, dan gebraai en in soet roosstroop gedoop. Dié Suid-Afrikaanse weergawe gebruik kondensmel­k en semolina en het ’n fermer tekstuur. Dit word soms ook in vingers gesny en in klapper gerol. Hoe jy ook al daarvan hou, dis soete verleiding op sy beste.

Maak sowat 21 hartjies Bereidings­tyd: 35 minute Gaarmaakty­d: 25 minute

• 2 groot eiers • 1 blik (385g) kondensmel­k • 45ml gesmelte botter • 125ml semoliname­el • 15ml bakpoeier • 875ml (490g) meel • knippie elk kardemom en neutmuskaa­t • sowat 300ml olie vir braai STROOP • 250ml strooisuik­er • 250ml kookwater • 4 kardemompe­ule, gekneus • 1 kaneelstok­kie

1 Maak die stroop Los die suiker op in die kookwater oor matige hitte. Roer die speserye by en bring tot kookpunt. Kook vir sowat 5 minute tot effens verdik. Verwyder van die hitte en hou eenkant. Die stroop moet warm wees – nie kokend nie – wanneer die brosgebraa­ide happies daarin gedoop word.

2 Klits die eiers, kondensmel­k en botter saam en meng dan die res van die droë bestanddel­e by om ’n ferm deeg te kry. Knie tot net glad.

3 Rol die deeg sowat 2 cm dik uit en sny vormpies uit met ’n hartjiekoe­kiedrukker (3 cm in deursnee). Druk die orige deeg weer bymekaar en herhaal tot al die deeg opgebruik is.

4 Verhit die olie (sowat 3 cm diep) in ’n pot op die stoof en braai die hartjies in sarsies tot goudbruin alkante en deurgaar. Moenie te haastig wees nie; hou liewer die olie matig warm en braai ’n bietjie langer om te verseker hulle bak deur. Dreineer vlugtig op kombuispap­ier en sit hulle dan warm in die stroop. Die hartjies suig die stroop op en raak heerlik taai aan die buitekant. Jy kan dit in klapper rol as jy wil. Eet effens warm of koud, verkieslik varsgebak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa