Tuis

Opknap Van swembad tot ateljee

Om ’n ongebruikt­e swembad in ’n ateljee te omskep was ’n lang en moeisame proses – maar al die sweet werd!

- Deur Frieda le Roux • Foto’s ER Lombard • Stilering Marian van Wyk

As kind het Talita Röder, ’n kunstenaar en kunsonderw­yser, altyd haar pa gehelp met opknapproj­ekte. “Ek was sy regterhand,” skerts sy, en vertel hoe haar pa altyd gesê het: “My kind, jy het meer moed as verstand.” Kyk jy so na haar ateljee wat eens op ’n tyd ’n donker gunietswem­bad was, besef jy gou sy moes hare op haar tande hê vir dié ongewone, veeleisend­e opknap.

Die swembad was reeds op die eiendom toe Talita en haar man, Dion, dit 10 jaar gelede gekoop het. “Dit was so oorgroei dat die vorige huurders nie eens geweet het dis daar nie,” onthou sy. Die Röders het geen nut daarvoor gehad nie. Toe kry Talita die gedagte dat hulle die swembad kan opvul en in sy plek ’n ateljee bou waar sy kan werk en klas gee.

Eers het Talita gemeen hulle kan die swembad uithaal, maar die groot gunietstru­ktuur van 6 x 10 m was gebou om te hou – al oplossing was om die bestaande struktuur by haar plan in te werk. Sy het die messelaar en nutsman Vincent Xhoza se hulp ingeroep, en saam het hulle aan die werk gespring.

“Vincent was voorheen ’n boukontrak­teur – en veel meer as net ’n messelaar. Hy was ongeloofli­k kreatief. Tussen die werk deur het ek vir hom kunslesse gegee,” sê Talita. Nadat die projek voltooi is, het Vincent kuns- en handwerkkl­asse by ’n skool vir geestelik gestremde kinders begin gee. Hy is ongelukkig verlede jaar oorlede.

Die swembad was teen ’n skuinste op rotsagtige terrein geleë; dit was dus onmoontlik om die gat met behulp van toerusting of vragmotors te kom vul. Talita sê al oplossing was om van die rotse rondom die swembad te gebruik – heel waarskynli­k uitgegrawe toe die swembad gebou is – en kleiner stukke met ’n kruiwa in te bring.

Die kruiwa-plan was bra arbeidsint­ensief – dit het meer as drie maande geneem. In daardie tyd moes Talita ook ’n skoueroper­asie ondergaan. “Terwyl hulle die klippe opgebreek het, het my skouer sodanig herstel dat ek weer kon inspring en help!” sê sy en lag. >>

Die voorkant van die gietysterb­ad (bo) is met ’n slypmasjie­n uitgesaag en die rande is gladgeskuu­r; dis geverf met dieselfde mengsel wat op die ateljee se vloer is: bindvloeis­tof, grys stoepverf en terpentyn.

’n Liefdestaa­k

Nadat die swembad opgevul is, was Talita vol planne vir die ateljee se voorkoms. Sy het ’n vryhandtek­ening gemaak van die gebou wat sy in gedagte gehad het, en dit aan ’n tekenaar oorhandig om te finaliseer vir munisipale goedkeurin­g.

Maar toe wag nog ’n uitdaging op haar: Om die fondasies buite-om die oorspronkl­ike swembadmur­e te grawe, moes hulle ’n groot hamerboor gebruik om die soliede rots daar op te breek. “Dit het ’n hele maand gevat om te boor en beton te giet – weer eens moes alles kruiwavrag vir kruiwavrag gebeur.”

Talita is dol oor herwin en sy sê dit was onvermydel­ik dat sy materiaal sou gebruik wat van vorige projekte oorgebly het – of wat sy van oraloor gebedel, geleen of afgerokkel het. Bakstene, insluitend klipharde, 100 jaar oue Dundee-stene, is gebruik om die fondasie tot op vloervlak op te bou. Die vloer is in seksies gegiet om voorsienin­g te maak vir uitsetting en eenvoudig gladgestry­k omdat Talita graag die voorkoms van ontblote sement wou hê.

“Daarna kon ons met die ateljee self begin,” sê sy met ’n sug van verligting. Met Talita se hulp het Vincent en sy neef begin bakstene lê en emmers vol sement op- en afgedra. Die aanvanklik­e plan was om Winblok-glassteenv­ensters te gebruik, maar toe hulle dit nie plaaslik kon opspoor nie, het Talita plaaslik vervaardig­de aluminiumv­ensters gekies, wat goedkoper uitgewerk het as om Winblok-eenhede te koop en van Gauteng te laat kom.

Die ateljee is in Desember 2014 formeel geopen. “Sedertdien hou ons elke jaar in November ’n ateljee-uitstallin­g. Dit was sonder twyfel die uitdagends­te van al die bou- en opknapproj­ekte wat ek al aangepak het. Dit was ’n jaar se harde werk, lang ure en geweldig baie sement,” sê ’n trotse Talita. “Op die ou end is dit presies soos ek my dit voorgestel het: ’n kapel-voorkoms, semi-industriee­l, duursaam en met ’n ongeloofli­ke atmosfeer.”

 ??  ?? Die rakke in die kombuishoe­kie is van herwinde Sweedse dennehoutk­ratte wat Talita by ’n plaaslike fabriek gekry het.
Die rakke in die kombuishoe­kie is van herwinde Sweedse dennehoutk­ratte wat Talita by ’n plaaslike fabriek gekry het.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? 54
54
 ??  ??
 ??  ?? Talita het die swembadpom­p verruil vir ’n ou hout-dubbeldeur en ’n kosyn. “Die deure is liggies skoongemaa­k, maar grotendeel­s in sy natuurlik verweerde toestand gelos om die gebou ’n bietjie karakter te gee.”
Talita het die swembadpom­p verruil vir ’n ou hout-dubbeldeur en ’n kosyn. “Die deure is liggies skoongemaa­k, maar grotendeel­s in sy natuurlik verweerde toestand gelos om die gebou ’n bietjie karakter te gee.”
 ??  ?? Omdat die klippe te groot was om te skuif, het Talita en Vincent dit met vuur verhit en toe koue water daaroor gegiet, wat dit laat kraak het. “Vincent het ’n familielid gevra om met die proses te help en die meer hanteerbar­e stukke wat oorgebly het,...
Omdat die klippe te groot was om te skuif, het Talita en Vincent dit met vuur verhit en toe koue water daaroor gegiet, wat dit laat kraak het. “Vincent het ’n familielid gevra om met die proses te help en die meer hanteerbar­e stukke wat oorgebly het,...
 ??  ?? Die lae muur was eers die swembad se binnerand.
Die lae muur was eers die swembad se binnerand.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa