Tuis

’n Tuin vir alle seisoene

Endebeni Forest is ’n fees vir die oog.

- Deur Marié Esterhuyse • Foto’s Sally Chance

Die parkagtige tuin by Endebeni Forest is dwarsdeur die jaar ’n skouspel – sodra een vrolike spatsel kleur verdof, is daar ’n ander een wat sy plek inneem.

“Elke seisoen is ongeloofli­k mooi, met iets spesiaals wat blom,” sê die huiseienaa­r, Tessa Chance. “Die vorige eienaars, wat die tuin ontwikkel het, het gesorg dat daar in al vier seisoene ’n oorvloed van kleur is.”

Endebeni Forest is in die Lidgetton-vallei in die KwaZulu-Natalse Middelland; Tessa en haar man, Jamie, het die plaas in Desember 2016 gekoop met die plan om eendag daar af te tree. “Ons voel so geseën om deel van Endebeni Forest se geskiedeni­s te wees. Ek is dol oor tuinmaak en vind dit baie terapeutie­s. My ma en skoonma was albei ywerige tuiniers; dit het beslis ’n invloed op my gehad.”

Endebeni Forest voel kompleet soos ’n Engelse parktuin. Dit bestaan uit boslande met onder meer ’n inheemse geelhoutbo­s, ’n hele boord Japanse blomkersie­s, blomstruik­e by die dosyne en oop veld met ’n uitsig op ’n dam waarin waterlelie­s gedy. Die matige klimaat, met hoë reënval in die somer en mis wat sekere tye van die jaar die lug afkoel, is ideaal vir ’n seisoenale tuin soos dié – daar is heeljaar iets om na te kyk. >>

Ek het in ’n uitgestrek­te plaastuin grootgewor­d. Dit was so mooi, en soveel pret! Ek is dol oor die groot, karaktervo­lle ou bome. – Tessa

 ??  ?? 88
88
 ??  ?? Wie woon hier? Jamie en Tessa Chance WAAR Lidgetton-vallei, KwaZulu-Natalse Middelland GROOTTE Sowat 36 ha
Wie woon hier? Jamie en Tessa Chance WAAR Lidgetton-vallei, KwaZulu-Natalse Middelland GROOTTE Sowat 36 ha
 ??  ?? Kamelias vaar goed in Endebeni se gematigde klimaat.
Kamelias vaar goed in Endebeni se gematigde klimaat.
 ??  ??
 ??  ?? Japanse blomkersie (Prunus serrulata)
Japanse blomkersie (Prunus serrulata)
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa