Tuis

Strooikuss­ings Span dit só by jou dekor in

Van sagte blommotiew­e tot helder geometries­e patrone – werk kreatief met vorms, motiewe en groottes wanneer jy kussings kies.

- Deur Marian van Wyk Foto’s Francois Oberholste­r

’n Eklektiese keuse van kussings en tekstiele gee dié alledaagse rusbank hope persoonlik­heid.

#1 Klassiek en modern sy aan sy

Kussings met ’n klassieke, botaniese patroon en een met breë strepe werk verrassend goed saam met ’n Afrika-deken en die moderne lap op die koffietafe­l in Jane Linley-Thomas van Durban se TV-kamer. Die koraalkleu­r wat in al die tekstiele herhaal word, skep samehorigh­eid – dis die geheim wat die mengsel van motiewe en patrone laat werk.

#2 Een motief, verskillen­de groottes

Wanneer jy blommotiew­e in dieselfde sagte palet meng, hou dit interessan­t deur die grootte van die motief op die onderskeie kussings af te wissel. As die kussings boonop verskillen­de groottes en vorms het, is dit des te mooier, soos op dié stoep van Liesl Rheeder. >> Soortgelyk­e kussings is te kry by Plan B Vintage en Strand Trading Post; kanttafel van Chair Crazy

# 3 Herhaal ’n kleur

Geometries­e patrone is treffend, en kussings is ’n slim manier om sulke vrolike patrone én ’n modieuse aksentkleu­r terselfder­tyd by jou dekorskema in te werk. Die mentgroen geometries­e patroon hier skep ’n treffende kontras met die donkergrys muur in Jane Linley-Thomas se slaapkamer. Dieselfde mentgroen en grys word in die kussing regs herhaal – ’n suksesvoll­e kombinasie.

#4 Motiewe van fyn tot groot

Strooikuss­ings kan maklik voorspelba­ar raak, maar nie as jy motiewe van verskillen­de groottes kombineer nie. Dink laag-op-laag, soos Lauren Frates van iSpy op Knysna graag doen. In haar hoofslaapk­amer speel sy ’n grafiese blommotief en ’n fyn tradisione­le patroon teen mekaar af vir ’n interessan­te effek.

#5 Intense kontras

’n Monochroom swart-en-wit dekorskema is tydloos en klassiek, maar met strooikuss­ings kan jy dit lag-lag ’n vrolike, informele, modevars inspuiting gee. Hoe helderder die kleure, hoe meer intens en dramaties is die kontras met die neutrale skema.

 ??  ?? 66
66
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Tribal-kussing R440, sugartongt­ong; woord-kussing R100, MRP Home; chevron-oortreksel vanaf R270, zanaproduc­ts.co.za; streep-oortreksel met verekussin­g R285, Biggie Best Leaf-kussing R320, sugartongt­ong.com; Scribble-oortreksel met verekussin­g R285,...
Tribal-kussing R440, sugartongt­ong; woord-kussing R100, MRP Home; chevron-oortreksel vanaf R270, zanaproduc­ts.co.za; streep-oortreksel met verekussin­g R285, Biggie Best Leaf-kussing R320, sugartongt­ong.com; Scribble-oortreksel met verekussin­g R285,...
 ??  ?? Op Jane LinleyThom­as se stoep (bo) helder kleurvolle strooikuss­ings die grys skema op terwyl dit die gevoel van ’n leefvertre­k in die buitelug skep.
Op Jane LinleyThom­as se stoep (bo) helder kleurvolle strooikuss­ings die grys skema op terwyl dit die gevoel van ’n leefvertre­k in die buitelug skep.
 ??  ?? Doreen de Waal kombineer monochroom kussings met spatsels helder kleur in haar Kaapse soldervert­rek. Die kleur is subtiel, maar die kontras trek dadelik die aandag. Haar swart-wit-kombinasie­s is slim: Sy het strepe van verskillen­de breedtes gekies, en...
Doreen de Waal kombineer monochroom kussings met spatsels helder kleur in haar Kaapse soldervert­rek. Die kleur is subtiel, maar die kontras trek dadelik die aandag. Haar swart-wit-kombinasie­s is slim: Sy het strepe van verskillen­de breedtes gekies, en...
 ??  ?? Blomkussin­g van iSpy; muur geverf in Dulux Winter Teal 4 Ons is dol oor hoe Lauren vierkantig­e en reghoekige kussings saam gebruik in ’n interessan­te groepering.
Blomkussin­g van iSpy; muur geverf in Dulux Winter Teal 4 Ons is dol oor hoe Lauren vierkantig­e en reghoekige kussings saam gebruik in ’n interessan­te groepering.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa