Tuis

Vra die kenners 82 Ougoed of hougoed 82 Vra vir JJ 84 Troeteldie­re

Hoe kan jy ’n ou stoel opkikker, of watter skadubome moet jy plant? Vra net – ons kry die antwoorde.

- Saamgestel deur Kim Arendse

Nuwe lewe vir ’n ou stoel

Ingrid Nuy van Kaapstad skryf Ek wil ’n stoel herstoffee­r wat ek jare gelede gekry het toe ek in ’n studentehu­is gebly het. My ma dink dis die lelikste stoel ooit; sy noem dit die “Toad of Toad Hall”. Ek dink weer dit vertel ’n storie en het karakter; dis lekker gemaklik, maar die lap is oud en verbleik. Ek wil dit graag oortrek in ’n natuurlike palet of met sagte groene en titsels blou, pienk en ander neutrale kleure, of iets met ’n neutrale agtergrond en spatsels pienk en grys. Die stoel is bestem vir die kantoorhoe­kie van ons slaapkamer; ek wil daarop sit terwyl ek op my skootreken­aar werk. Enige raad?

1 Antique Rose in Duck Egg R475/m

2 Herringbon­e Ticking in Grey R420/m

3 Rhapsody in Coral R495/m (al drie van biggiebest­webshop.co.za)

4 Botanical Protea in Mint R289/m

5 Indian Block in Sage Green R349/m

6 Spotted Leaf in Duck Egg R289/m (al drie van constantia­fabrics.co.za)

Marian van Wyk, Tuis se kreatiewe redakteur, antwoord

Nuwe stoffering sal beslis dié padda in ’n prins omtower en ’n pragtige fokuspunt in jul slaapkamer skep. Ongelukkig kan dit net soveel (of selfs meer) as ’n nuwe stoel van ’n kettingwin­kel kos. Maar die koste is nie die belangriks­te oorweging nie. Ek is ’n groot aanhanger van ouer stukke opknap, ongeag hoe oud en afgeleef dit is. Dis hoekom: • Ouer meubels is dikwels baie stewig gebou. As jou stoel die afgelope 20 jaar oorleef het, het dit ’n sterk raam en sal dit waarskynli­k nog 20 jaar oorleef. • Wanneer jy ’n nuwe leunstoel koop, is daar dikwels geen inligting oor die gehalte van die stoffeerst­of nie. As jy self die lap kies, het jy al die besonderhe­de – tot hoeveel vryfslae (“rubs”) dit kan hanteer. Laasgenoem­de is ’n bedryfstan­daard waaraan die lap se gehalte gemeet word. Vervaardig­ers onderwerp die lap aan strawwe toetse, waar ’n skuurblokk­ie heen en weer oor die lap geskuur word totdat dit deurskaaf. Elke heen-en-weer-beweging staan bekend as ’n dubbele vryfslag.

• Jy weet reeds jou stoel is gemaklik – dis al genoeg rede om dit te hou! • Dis beter vir die omgewing om iets te hergebruik.

Wat lap betref, stel ek voor jy kies iets met ’n motief; dit verbloem vlekke beter as ’n soliede kleur.

As jy iets uit die natuur soek, sal ’n antieke roosmotief goed werk. Maar indien jy iets kontemporê­rs met ’n plaaslike geur verkies, is fynbos nommerpas. Strepe is ook prettig en tydloos. Grys is ’n gewilde neutrale kleur en lyk wonderlik saam met sagte pienk en blou skakerings. Jy kan dit aanvul met ’n strooikuss­ing of deken, of knope oorgetrek in ’n kontraster­ende kleur.

As jy nou regtig ’n fokuspunt van jou stoel wil maak, trek elke deel daarvan (die basis, sitplek, armleuning­s en rugleuning) oor met ’n ander soort lap. Daarvoor is ’n samehangen­de kleurskema noodsaakli­k; kies byvoorbeel­d strepe, sagte blommotiew­e of sterk patrone, maar hou by een kleurfamil­ie.

Stuur gerus vir ons ’n foto van die eindresult­aat!

Pragtige tegniek

Annette Nel van Benoni skryf Daar is die pragtigste kas op bladsy 55 van jul Maart 2017-uitgawe. Het die huiseienaa­rs dit so geverf en indien wel, watter tegniek het hulle gebruik? Die huiseienaa­r, Jako Lee, sê hy het die kas net so by Asmat Trading in Durbanvill­e, Kaapstad, gekoop. Maar dis moontlik om dieselfde effek met meubelverf te kry. Annie Sloan stel voor jy verf jou kas met ’n basislaag Annie Sloan-verf in die kleur Original en wag sowat 20 minute sodat dit kan droog word. Wend dan ’n laag Annie Sloan Clear Soft Wax aan. Volg dit op met ’n dik laag Annie Sloan Dark Soft Wax. Gebruik dan weer die Clear Soft Wax om enige oortollige Dark Wax te verwyder tot jy tevrede is met die resultaat. KONTAK anniesloan­sa.co.za

Kies tolkrag

Carmen Langeveldt van Pretoria

skryf Ons huishoudin­g raak al hoe meer omgewingsb­ewus. Omdat ons ’n groot gesin is, sal ek moeilik sonder ’n tuimeldroë­r oor die weg kom, maar ek sou iets ekovrien-delikers verkies – wat is my opsies?

Paul Dimaio, eienaar-stigter van Spindel, antwoord Die mees energie doeltreffe­nde tuimeldroë­r is dié soort wat met ’n hittepomp werk. Hulle hersirkule­er die hitte wat gedurende die droogprose­s opgewek word en verminder sodoende die energiever­bruik met tot 50%! Die meeste handelsmer­ke dui die energiever­bruik van hul masjiene op die verpakking aan, wat dit makliker maak om hulle te vergelyk. Onthou net dat die energie doeltreffe­nder droërs jou ’n aardige bedraggie uit die sak kan jaag!

As alternatie­f kan jy ’n toldroër soos die Spindel-wasgoeddro­ër oorweeg – dit werk met tolkrag pleks van hitte en gebruik daarom minder as 1% soveel energie as ’n tuimeldroë­r. En dis veilig, selfs vir die fynste materiale soos winter wol goedjies en onderklere.

Die masjien verwyder sowat 80% van die vogtigheid wat ná ’n masjienwas in die materiaal agterbly binne minute, wat beteken jou wasgoed sal in ’n kits winddroog word. En as jy nie ophangplek het nie, kan die Spindel jou tuimeldroë­r se werktyd met tot 70% inkort – so kan jy jou tuimdroër hou en steeds energie doeltreffe­nder werk. Nog’ n voordeel van toldroërs is dat hulle kompak en draagbaar is, en maklik in ’n kas pas. ’n Spindel-toldroër vir ’n 4,5 kg-lading (54,6 cm hoog x 36,2 cm breed) kos sowat R2 000.

KONTAK 0860 555 135, spindel.co.za >>

 ??  ?? 1 Before
1 Before
 ??  ?? Voor
Voor
 ??  ?? 6
6
 ??  ?? 2
2
 ??  ?? 4
4
 ??  ?? 3
3
 ??  ?? 5
5
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa