Tuis

’n Kothuis van yskaspanel­e met ’n asemrowend­e see-uitsig

Dié boumetode is vir my fantasties – jy kan die openinge vir die deure en vensters verander, al staan die mure al! – James James en Gail Tinsley se huis van yskaspanel­e is ’n skoner, groener gebou met uitstekend­e isolering!

- Deur Marian van Wyk • Foto’s Justin Patrick

Die kothuis is heerlik knus. Dis so goed geïsoleer dat ‘n mens maklik soos 'n kluisenaar hier kon leef, veral in die kouer maande! – Gail

James, wat Fish Hoek Refrigerat­ion by sy pa oorgeneem het, het nog altyd daarvan gedroom om ’n kothuis van yskaspanel­e te bou – en daar was net mooi genoeg ruimte op hul erf vir ’n kompakte een slaapkamer plekkie.

Klink dit gek? Dink weer. Koelkamers is perfek geïsoleer met uitstekend­e termiese eienskappe regdeur die jaar. Dis ook wateren klankdig, en die boumetode is vinnig, skoon en kostedoelt­reffend–dit kos sowat R 4000/ m 2.

Toe ons hom vra oor die nadele, het dit James ’n bietjie onkant gevang: “Goeie vraag. Ek sal ’n bietjie moet dink ...”

Omdat hy as’t ware in die yskas-bedryf grootgewor­d het en al talle koelkamers vir restaurant­e gebou het, het James nog altyd gedink dat die materiaal wat hulle daar gebruik, ook elders ingespan kan word. “Ek het dit so geniet om my vaardighed­e op ’n woonhuis toe te pas; dit was ’n heerlike uitdaging.”

In Januarie 2015 het hy begin bou aan die “yskas-kothuis”. Die planne is vooraf goedgekeur deur die strukturel­e ingenieur Paul Giloi, wat toesig gehou het oor die strukturel­e aspekte van die projek.

Hoewel die kothuis gouer klaar kon kom, het die proses drie maande geduur omdat James die meeste van die werk self in sy vrye tyd moes doen.

“Ons het enkelverdi­eping gebou omdat ons nie die see-uitsig van ons eie huis wou bederf nie,” verduideli­k James. “Maar ek skat jy kan tot drie vlakke hoog veilig bou, solank jy met’ n struktuur ingenieur saamwerk.” >>

 ??  ??
 ??  ?? KOMBUISDie kompakte leefarea bestaan uit ’n kombuis met kaste van soliede dennehout, ’n eetarea en sitkamer.
KOMBUISDie kompakte leefarea bestaan uit ’n kombuis met kaste van soliede dennehout, ’n eetarea en sitkamer.
 ??  ?? Die meubels en dekor is meestal vintage-vondste wat Gail oor die jare bymekaarge­maak het.
Die meubels en dekor is meestal vintage-vondste wat Gail oor die jare bymekaarge­maak het.
 ??  ??
 ??  ?? SLAAPKAMER­Die slaapkamer en leefarea is een oopplanrui­mte en daar is selfs uit die bed ’n lieflike uitsig van die Indiese Oseaan. Dekens en kussings van Arabesque
SLAAPKAMER­Die slaapkamer en leefarea is een oopplanrui­mte en daar is selfs uit die bed ’n lieflike uitsig van die Indiese Oseaan. Dekens en kussings van Arabesque
 ??  ?? BADKAMERDi­e stort is beklee met klippe wat op die eiendom opgetel is. Die koperpype is teen die muur gemonteer omdat James nie aan die pragtige klip wou kap nie. Die teëls op die stortvloer kom almal uit gestaakte reekse.
BADKAMERDi­e stort is beklee met klippe wat op die eiendom opgetel is. Die koperpype is teen die muur gemonteer omdat James nie aan die pragtige klip wou kap nie. Die teëls op die stortvloer kom almal uit gestaakte reekse.
 ??  ?? ’n Ou houtkassie in ’n muurnis bied pakplek.
’n Ou houtkassie in ’n muurnis bied pakplek.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa