Tuis

Brandewyn-en-Coke-poeding, stap vir stap

Maak dié smullekker poeding op Braaidag as ’n ode aan die drankie wat so te sê tradisie is.

- Deur Johané Neilson Foto’s Francois Oberholste­r

Brandewyn-enCoke-poeding Genoeg vir sowat 6 porsies Bereidings­tyd: 25 minute Baktyd: 30–35 minute Oondtemper­atuur: 180 ºC

• 180g dadels, fyngesnipp­er • 5ml koeksoda • 250ml kookwater • 30ml kola-konsentraa­t • 100g sagte botter • 100g (125ml) suiker • 3 ekstragroo­t eiers • 210g (430ml) bruismeel, gesif • 30ml kakao • knippie sout BRANDEWYNV­LA • 100g (125ml) bruinsuike­r • 250ml melk • 2 kaneelstok­kies • 100g botter • 2 eiers • 50ml brandewyn

1 Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n 22 cm-ringkoekpa­n of ’n mediumgroo­t vuurvaste oondbak( ons het sommer’ n emalje kastrollet­jie gebruik) met botter. Sit die gesnipperd­e dadels in ’n bak, strooi die koeksoda oor en giet die kookwater by. Roer liggies en laat staan eenkant. Sodra dit bruis, gooi die kola-konsentraa­t by en laat effens afkoel.

2 Klits intussen die botter en suiker saam tot romerig en voeg die eiers een-een by. Klits goed ná elke byvoeging. Sif die meel, kakao en sout saam. 3 Voeg die meel- en die dadelmengs­el by die romerige bottermeng­sel en meng tot ’n gladde beslag. Skep in die voorbereid­e pan en bak in ’n voorverhit­te oond vir sowat 30–35 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.

4 Maak die vla Verhit die suiker, melk en kaneel saam en roer tot die suiker opgelos is. Bring tot kookpunt, verwyder van die hitte en smelt nou die botter in die melkmengse­l.

5 Klits die eiers en brandewyn saam en klits dan die warm melkmengse­l geleidelik by die eiers. Skep terug in die kastrol en roer oor lae hitte tot verdik.

6 Sit die potjie in ’n ysbak en roer tot die vla afgekoel is, anders kan dit skif. Toets deur ’n lepel daarin te doop – sodra jy ’n lyn deur die vla kan trek, is dit reg.

 ??  ?? Sit die poeding voor met die vla en roomys.
Sit die poeding voor met die vla en roomys.
 ??  ?? 4 5 6
4 5 6
 ??  ?? 1 2 3
1 2 3

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa