Tuis

Plante van die maand Lenteblomm­e

Wanneer dié lieflike blomme hul gesiggies begin wys, kan jy maar weet: Die lente is hier!

-

G“Geen potjie of bakkie, koppie of blik hoef in die lente leeg te staan nie,” sê Melissa Rautenbach van die bloemistes­aak Flourish. “Daar is nou soveel blomme om van te kies en jy kan regtig met min moeite jou huis ’n lentegevoe­l gee.

“Ons het ’n ou kassie wat in my motorhuis was, volgepak om dié indrukwekk­ende fokuspunt (oorkant ) te skep,” vertel sy.

“Blikkies, mooi ou teekoppies, melkbekers, bakkies, glaspotjie­s en emalje is gebruik as houers vir die verskeiden­heid blomme. Die houers moet verkieslik nie perfek bymekaar pas nie; die verskillen­de groottes, kleure, vorms en teksture dra alles by tot die atmosfeer van jou lente-uitstallin­g. Dis ook glad nie nodig om ’n hele kas vol blomme te pak nie; jy kan net een of twee rakke vir blomme gebruik en dit kombineer met boeke, tydskrifte of familiefot­o’s op die ander. Of sit blomme in glaspotjie­s op ’n tafel, ’n vensterban­k of kaggelrak – dit is net so mooi en sal die lentegeure en -kleure in jou huis verwelkom.

“Maak die potjies vol skoon water en sny die blomstele in verskillen­de lengtes sodat almal nie ewe hoog is nie. Rangskik hulle dan net soos jou hart begeer – met sulke mooi lenteblomm­e is daar nie ’n reg of verkeerd nie! Selfs ’n blom waarvan die steeltjie afgebreek het, hoef nie gemors te word nie – laat dit in ’n bakkie water dryf,” sê sy.

“Voor jy gaan lenteblomm­e koop, kyk eers wat blom in jou tuin. Jy sal verbaas wees hoeveel daar gereed staan vir pluk. Maar as jy nie genoeg het nie, koop ’n paar bossies: affodille, freesias, pronkertji­es, Hollandse irisse, ranonkels, Yslandse papawers en tulpe is net party van die groot verskeiden­heid wat in die lente beskikbaar is. En jy het net ’n paar blomme van elk nodig; selfs ’n enkele blom in ’n potjie lyk pragtig. Al wat jy nie te koop gaan kry nie, is die kappertjie­s en vergeet-my-nietjies wat ons gebruik het. As hulle nie in jou tuin staan nie, saai beslis daarvan vir volgende lente – al twee is maklik om aan die groei te kry. Of bedel ’n blom of twee by ’n tuinvriend!” >>

 ?? Deur Marié Esterhuyse • Foto’s Francois Oberholste­r Stilering Melissa Rautenbach en Renate Lüdick ??
Deur Marié Esterhuyse • Foto’s Francois Oberholste­r Stilering Melissa Rautenbach en Renate Lüdick

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa