Tuis

Dagboek September-hoogtepunt­e

- homemakers­online.co.za.

As jy einde Augustus in die Kaap is, kom kuier vir ons in die Tuis-teater by die Cape Homemakers Expo! Meer besonderhe­de op bl. 63.

Home Made Easy (seisoen 2 begin op 4 September op The Home Channel, kanaal 176 op DStv) het al die raad wat jy nodig het – van praktiese tuinwenke tot opwindende selfdoenpr­ojekte en inspireren­de dekorplann­e. Die aanbieders van dié plaaslik vervaardig­de reeks, Tanya Visser, Ryan Paulsen en Elle Franco, deel hul topwenke waarmee jy jou huis gemaklik kan inrig.

Homemakers Expo

31 Augustus–3 September: Kaapstadse Internasio­nale Konferensi­esentrum 15–17 September: Parkview-winkelsent­rum, Pretoria Met vanjaar se tema, “Ter ere van jou huis”, is die ekspo ’n viering van jou leefruimte. Besoekers kan uitsien na stalletjie­s met dekor, meubels, tuine, kombuise, selfdoen-produkte en geskenke. Kaartjies kos tussen R50 en R80 by quicket.co.za; besoek

Fees van straatkos

2–3 September: Side Street Studios, Woodstock in Kaapstad 10 September: Common Ground, Staibstraa­t 16, Maboneng in Johannesbu­rg By dié funky fees berei plaaslike sjefs net die beste van Suid-Afrika se straatkos: Immergewil­de vis en tjips met sout en asyn, gatsbys met watertand-vulsels en die beste braaivleis warm van die kole! Kom luister ook na praatjies deur die land se voorste koskenners. Kaartjies kos tussen R50 en R100 by quicket.co.za. Besoek streetfood­festival.co.za vir die program.

Die lente is hier!

Verwelkom die nuwe seisoen met ’n fees: 1–3 September: Botrivier Over the Rainbow-lentenawee­k Maak jou reg vir egte plaaspret, soos ’n Spit & Skoffel-dans, trekkerrit­te, ook verfbal en springkast­ele. Naweekpass­e (R100, insluitend ’n proeglas) is beskikbaar by quicket.co.za. 2 September: Lentefees in Howick, KwaZulu-Natalse Middelland Sit agteroor by St Ives Boma en geniet musiek deur Louise Carver en Jason Hartman, spesialisb­ier, plaaslike kos en die Midlands-handwerkma­rk! Kaartjies by die hek of by webtickets.co.za kos R100 vir volwassene­s en R50 vir kinders onder 12. Skakel 076 812 6423. 23 September–1 Oktober: Magoebaskl­oof/Haenertsbu­rg-lentefees Geniet handwerk en kuns, kosstallet­jies, musiek, gesinspret en ’n fantasties­e orgidee-uitstallin­g by die Orion Magoebaskl­oof-hotel. Skakel 064 070 4454 of besoek springfest­ival.co.za.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa