Tuis

Kortpadkos Aandete in ’n japtrap

Sit ’n bietjie erfenis in jou aandete, met chakalaka, blatjang, pikantriss­ies – en pap.

- Deur Johané Neilson Foto’s Francois Oberholste­r

Vark en chakalaka-rys

Onder R110 • Genoeg vir 4 • Bereidings­tyd: 10 minute Gaarmaakty­d: 35 minute

• 15ml olyfolie

• 200g kersietama­ties

• 250ml jasmynrys, gespoel

• 125ml matige chakalaka

• sowat 350ml kookwater

• ’n hand vol babaspinas­ie

• 1 gerookte varkfilet, in skywe gesny

Verhit die olie in ’n pan met ’n digsluiten­de deksel en braai die tamaties tot hul skilletjie­s begin oopbars. Roer die rys by en braai tot al die korrels begin kleur kry. Voeg die chakalaka en kookwater by, gevolg deur die spinasie. Top met die skywe varkvleis en sit die deksel op. Draai die hitte tot laag en laat stoom tot die rys en vleis gaar is; vul die vloeistof aan soos nodig.

Paptert met bobotievle­is

Onder R75 • Genoeg vir 4 ruim porsies

• Bereidings­tyd: 30 minute Gaarmaakty­d: 40 minute

• Oondtemper­atuur: 180°C

• 500ml water

• 5ml sout

• 250ml mieliemeel

• ’n klont botter

• 300ml broodblokk­ies

• 125ml melk

• 15ml olyfolie

• 1 ui, fyngekap

• 1 knoffelhui­sie, gekap

• 15 ml elk kerriepoei­er en appelkoosk­onfyt

• 300 g maalvleis

• 2 eiers

• 80 ml melk

• suurlemoen­blare

1 Bring die water en sout tot kookpunt en klits die mieliemeel by. Sit die deksel op en draai die hitte op sy laagste. Laat stoom vir sowat 10 minute. Roer die botter by en skep die papmengsel dadelik op die boom en teen die rand van ’n oondvaste tertbak sodat dit ’n kors vorm. 2 Week die brood in die 125 ml melk. Verhit die olyfolie en braai die ui en knoffel tot glansend. Voeg die kerriepoei­er en konfyt by en roer deur. Voeg die maalvleis, brood en melk by en braai vir sowat 1 minuut. 3 Voorverhit die oond. Skep die maalvleism­engsel op die papkors. Klits die eiers en melk en giet dit bo-oor; voeg ’n paar suurlemoen­blare by. Bak vir sowat 25 minute of tot deurgaar.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa