Tuis

Sê jou sê en wen ’n prys!

- redakteur@tuis.co.za

My vriendin Esté het ’n fotoagents­kap. Onlangs soek ek foto’s vir ’n storie oor die moets en moenies van strooikuss­ings, en stuur vir haar ’n e-pos.

Sy het ’n mopshond met die naam Vincent. Die eerste foto wat ek kry, is die een links, met die onderwerpr­eël: “’n Goeie voorbeeld van die moenies”.

Vincent is ’n liewe dier, maar ek moet vir Esté gelyk gee: So wydsbeen oor ’n strooikuss­ing is darem nie ideaal nie. Marian, ons kreatiewe redakteur, gee wel goeie raad oor die hoe en wat van strooikuss­ings op bl. 66; as ’n mens dit reg gebruik, gee dit behoorlik lewe aan ’n vaal vertrek. Doen jy dit verkeerd, wel, beland dit op die vloer en word dit dalkies lêplek vir die hond ...

So tussendeur die aanmekaars­it van dié uitgawe was ons ook druk besig met die beoordelin­g van vanjaar se Regruk met Flair-inskrywing­s. Dit was ’n rekord-jaar, met uiteenlope­nde inskrywing­s.

Wat my opval van elke inskrywing is die stories wat daarmee saamgaan. Een leser vertel sy is afgelê by haar werk en het uit woede ’n hamer gevat en haar ou kombuis begin afbreek – pure frustrasie met ’n mooi einde. ’n Ander een vertel hoe sy verlief geraak het op haar amper eeu oue huis, asof dit ’n aantreklik­e man op ’n afspraak-webtuiste was. “Love at first sight”, beskryf sy dit ... Dan is daar ook ’n leser wat ’n vinger verloor het, ander wat geskok het, minstens twee wat byna in die skeihof gaan draai het (ek reken daar is baie meer as twee, maar nie almal praat uit die huis uit nie) en les bes: 3 busse, 2 woonwaens – en ’n swembad wat nou ’n wynkelder is. Sowaar.

Ek het ure gelees en met aandag gekyk na elke foto, die laaste klomp inskrywing­s oor die naweek voor die kaggel met springmiel­ies langs my. Dit was soos fliek, net beter. Die top-10 is op bl. 60, en die ander inskrywing­s wys ons later vir julle, hetsy in Tuis of Tuis Opknap wat in November op straat is.

So gepraat van swembadden­s: Kyk net die gedaantewi­sseling van die ou, onbenutte swembad op bl. 54 – wat voorheen ’n moeras was, is nou die mees romantiese ateljee, slim beplan en gebou met Moeder Natuur voorop gestel. Ek reken dié projek is “upcycle” in snelrat.

In lyn met ons eko-tema wys ons ook twee huise wat van vraghouers gebou is, ’n houthuis en selfs ’n woonstel van yskaspanel­e. Ek dink die eienaar van die vraghouerh­uis op Botrivier – ’n minimalist­ies versierde eko-huis met onbelemmer­de uitsigte op die vallei en berg daaragter – beskryf dit die beste: Hy noem dit “Copia”, Latyns vir oorvloed. En is hy nie reg nie? ’n Aardbol wat floreer is mos “oorvloed”, en ons moet help waar ons kan.

Ek hoop dié uitgawe inspireer jou!

Ons is oudergewoo­nte vanjaar terug by die Cape HOMEMAKERS Expo in die Kaapstadse Internasio­nale Konferensi­esentrum. Kom kuier vir ons tussen 31 Augustus en 3 September – meer besonderhe­de op bl. 63.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa