Tuis

Kos & drank vir die siel

Dis Erfenismaa­nd – tyd om ons onmiskenba­re plaaslike geure te vier!

- Deur Johané Neilson Foto’s: Verskaf

DEUR DIE BLARE

Ons het dié pragtige Mint-keramiekwa­re deur Thia de Vos by vanjaar se KAMERS/Makers in die Kasteel die Goeie Hoop in Kaapstad raakgesien (dié mediumgroo­t bord kos R165); kry nog pragkopies by mintcreati­nghome.co.za.

Johanne 14 (R275, Quivertree) deur die kosskrywer Hope Malau is ’n fantasties­e toevoeging tot jou resepteboe­kversameli­ng. Die tradisione­le resepte is met soveel liefde gemaak, dit voel of die kos van die bladsye af wil spring! Die boek gee ’n blik op die township-lewe en is ’n viering van kultuur, lewenskrag, samesyn en familie – alles rondom die kostafel, natuurlik. Die resepte wissel van ou gunsteling­e soos melktert, “crunchies” en chakalaka tot spesiale skeppings soos beeslewer met potbrood en wat jy alles met ’n varkkop kan maak. Toe, probeer gerus iets nuuts! Uit die see A Mari Ocean Gin (R450, cybercella­r.com) is gedistille­er met seewater uit die Atlantiese Oseaan. Die rede? Die minerale in die water help om die olies uit die Kaapse kusfynbos waarvan die jenewer gemaak word, te onttrek – dit gee aan die drankie ’n besonder komplekse geur en gladheid. Die neus het ’n varsheid eie aan sitrus, wat op die palet herhaal word met geure van nartjie en suurlemoen. SKERP KALANT!

Skerpmaker vir wortellint­e sny R149,95, pylones.co.za

Soete bederf!

Simonsig is welbekend vir hul Kaapse Vonkel MCC, en nou is die vrugtige semisoet Simonsig Kaapse Vonkel Demi-Sec (R135, simonsig.co.za) ook deel van die reeks. Ons kan nie wag om dit te proe nie!

GESONDE DRANKIE Sit ’n huppel in jou stap met die Cold Pressed Charcoal Shot (R15,95, woolworths.co.za), ’n sapmengsel met suiwer appel, suurlemoen en gemmer. Lekker, man!

 ??  ?? Verbreed jou horisonne
Verbreed jou horisonne
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa