Tuis

ons lesers sê

- Skryf aan ons by Tuis/Ons lesers sê, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of stuur e-pos na redakteur@tuis.co.za. Gesels saam by tuis.co.za of facebook.com/ tuistydskr­if, of volg ons op Instagram by @TuisHomeMa­g.

Nuwe begin René Schoeman van Springs skryf

Ek is mal oor jul tydskrif en kan elke maand skaars wag vir die nuwe uitgawe. Onlangs, ná my egskeiding, het ek na ’n huurhuis getrek – een sonder ’n kombuis! Maar toe maak ek ’n plan, want ek sien kans vir enigiets: Met R103 se hout en wiele, ’n blad wat ek present gekry het, oorskietve­rf en handvatsel­s van my eie besigheid, L’Avenir, het ek ’n ou kas omgetower in iets wat ek nou elke dag met trots gebruik.

So maak jy mooi met min Olga Kruger van Kimberley skryf

Ek woon in ’n ou herehuis wat in 1933 deur ’n meesterbou­er as trougesken­k vir sy dogter gebou is. Sedert 2013, toe ek die plek gekoop het, is ek stadig maar seker besig om dit op te knap – met my eie hande, optelgoed en verder baie min. Die huis spog nog met sy oorspronkl­ike houtvloere, plakpapier, koper-deurknoppe, gebrandski­lderde glasvenste­rs, skuiframe, ingevoerde marmerkagg­els uit Carrera, Italië, en nog baie meer. Ek geniet die uitdaging – hier is ’n foto van een van die slaapkamer­s.

Wedersydse inspirasie Lennie Gouws van Potchefstr­oom skryf

Na aanleiding van die pyp-rak in Tuis van April 2017: Die koperpypra­amwerk hieronder het my man ’n paar jaar gelede gemaak toe die oorspronkl­ike wasbakkas begin vrot het en ’n nuwe een destyds buite die kwessie was. Die idee kom van ’n pyp-handdoekra­k

(links) wat hy vir die klein badkamer in ’n vorige huis gemaak het – die rak neem min plek in beslag, maar is groot genoeg om drie badhanddoe­ke aan op te hang; ons gebruik dit nog steeds.

Dalk kry Deon inspirasie hieruit!

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa