Tuis

So mooi moontlik Sue se topwenke vir ’n shabby-sjiek voorkoms

[HOOFSLAAPK­AMER]

-

Met ’n kombinasie van Franse, shabby-sjiek, vintage- en plaasstyl, is daar om elke hoek en draai iets vir die oog. Die klipmure verleen warmte aan die ruimte en die wit elemente word versag met geblomde lap, pastelkleu­re, kuns en antieke meubels, waarvan die meeste tweedehand­se kopies of erfstukke is.

Sue sê daar is twee mense wat ’n groot invloed op haar dekorstyl het: die koningin van shabby-sjiek, ontwerper en huisware-entreprene­ur Rachel Ashwell, en haar oorlede ouma Merle Norton.

“Toe ek jonger was, het ek elke jaar twee vakansies by my ouma in Durban deurgebrin­g. Sy is die inspirasie agter my dekorstyl, asook my liefde vir fyn porselein en teepartytj­ies – sy kon altyd ’n okkasie van enige geleenthei­d maak!”

Vir Sue het binneversi­ering ’n passie geword, en vandat sy haar eie huis mooigemaak het, het vriende en familie begin vra dat sy hul ruimtes ook versier.

“Ek glo jou omgewing het ’n groot invloed op jou welstand; dis regtig belangrik om jou huis so mooi moontlik in te rig,” voeg Sue by. • Kies ou meubels; verweerde verf is baie karaktervo­l! • Hang gordyne met ’n sagte blommotief; ek het ook stukke lap aan die onderkant van my wit moeselieng­ordyne vasgewerk sodat dit op die grond “sleep” en die romantiese atmosfeer in die vertrek versterk. • Bedek rusbanke met los, wit oortreksel­s en skep kontras met Fransestyl-meubels met hul wulpse kurwes. • Gebruik vintage-vase en -beelde, asook kunswerke, kandelaber­s en baie kerse. • Ontbloot soveel natuurlike materiaal moontlik, soos houtdeure en dakbalke. Ek het ook heelparty rofweg geverfde wit losstaande kaste wat ek vir bêreplek gebruik. • Wanneer ek onthaal, gebruik ek graag bakke vol rose, ou beenhef-messegoed en vintage-borde saam met tafeldoeke van antieke kant of linne. >> Sue en Bruce se slaapkamer is op die eerste vloer. Hulle het besluit om ’n gelamineer­de vloer bo-op die herwinde houtvloer te lê vir warmte en ’n moderner voorkoms. Gelamineer­de vloer van Millennium Hardware

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa