Die uitstekende termiese isolasie wat die yskaspanele bied, is
wonderlik vir energie doeltreffendheid.
’n Skoner, groener boumetode
Die kothuis word as ekovriendelik beskou omdat geen bakstene vir die bouery gebruik is nie. Klippe vir die buitebekleding is op die perseel gekry en ’n kombinasie van nuwe en herwinde yskaspanele en vensterrame is gebruik.
Die struktuur bestaan kortliks uit yskaspanele met ’n kern van polistireenskuim, wat rus op ’n houtstruktuur bo-op ’n fondament van beton en bloekompale.
James verduidelik die proses:
• Ons het begin met ’n fondament van 150 mmbloekompale, 800 mm uit mekaar in beton geanker. •Op dié fondament rus’ n houtvloer struktuur waaraan die yskaspanele vasgemaak word om die buitemure te vorm. Dié panele klik inmekaar, amper soos tong-en-groefpanele, en word aan die vloer geheg met staalhoekstutte wat met ’n roeswerende laag bedek is. Elke paneel het reeds sy eie raam en is dus stewig genoeg dat geen ekstra strukturele ondersteuning by die hoeke van die gebou nodig was nie. • Daarna het ons die openinge vir die deure en vensters uitgesaag. • Ons het die struktuur versterk deur staalstroke horisontaal én vertikaal aan die binne- en buitepanele vas te sit voor dit met droëmuurblaaie beklee is. Tussen die panele is genoeg ruimte gelaat vir elektriese geleidings en loodgietpype. • Die droëmure is aan die binnekant afgevlak met CreteStone – die standaard-afwerking vir dié soort mure. • Die klipmesselaar Clemente Raimundo (regs) het van die buitemure beklee met klip wat op die eiendom opgetel is; dié bekleding bied ekstra stabiliteit. Die oorblywende buitemure is met Nutec-plate bedek (heel regs). • Laastens is die dak opgesit. Dit bestaan uit yskaspanele met waterdigte Chromadek-dakplakte bo-op. “Die kothuis is so waterdig soos enige koelkamer, omdat die panele reeds waterdig van die vervaardiger af kom,” sê James.