Tuis

Wat jy nodig het

- KONTAK EN VERSKAFFER­S Buco 011 847 7300, buco.co.za Deon de Goede 084 589 5026, deon@diydeon.co.za Minima 021 788 2515, minima.co.za MRP Home 0800 212 535, mrphome.com Woolworths 0860 022 002, woolworths.co.za

INKOPIELYS

• een 1 800 mm-lengte geskaafde dennehout (69 x 94 mm), gesaag in nege blokke van 150 mm (stutte)

• ses 2 400 mm-lengtes geskaafde dennehout (22 x 94 mm), elkeen korter gesaag tot 1 870 mm (lang basisplank­e)

• vyftien 1 800 mm-lengtes geskaafde dennehout (22 x 94 mm), elkeen korter gesaag tot 1 370 mm (dwarsplank­e)

•twee pakkies 8 mm x 40 mm-spaanderbo­rd skroewe

• vyf rolwiele met hegplaat (kies twee wiele met remme) •

120-grint-skuurpapie­r

GEREEDSKAP

• koordlose boor en 3 mm-boorpunt

• potlood

• maatband

• winkelhaak

• houtklampe

Projeknota­s

• Laat saag al die hout pasklaar by jou houthandel­aar.

• Skuur jou planke vooraf. • Onthou om gidsgaatji­es te boor.

• Pas die lengte van die dwarsplank­e aan vir ’n bed van koningin- of koninggroo­tte.

• Gebruik houtklampe as jy ’n groentjie is of alleen moet werk.

1 Skroef drie van die 69 x 94 x 150 mm-stutte tussen twee van die 22 x 94 x 1 870 mm-basisplank­e vas – een stut op elke punt en een in die middel. Maak nog twee van dié basisstruk­ture deur die proses te herhaal.

2 Skroef drie van die 22 x 94 x 1 370 mm-dwarsplank­e haaks oor die drie basisstruk­ture vas (by elk van die blok-stutte) om die onderkant van die bedbasis te vorm.

3 Draai die bedbasis om en spasieer die oorblywend­e twaalf 22 x 94 x 1370 mm-dwarsplank­e haaks oor die bokant van die bedbasis.

4 Draai weer die basis om en skroef ’n rolwiel op elke hoek vas, asook een in die middel van die bed vir ekstra ondersteun­ing.

 ??  ?? Wenk Gebruik die rolwiele met remme aan die voetenent van die bed, dan is dit makliker bereikbaar wanneer jy die bed wil skuif. Verf of vernis die hout in die kleur van jou keuse; ons het besluit om die bed natuurlik te hou.
Wenk Gebruik die rolwiele met remme aan die voetenent van die bed, dan is dit makliker bereikbaar wanneer jy die bed wil skuif. Verf of vernis die hout in die kleur van jou keuse; ons het besluit om die bed natuurlik te hou.
 ??  ?? 3
Wenk
Gebruik ’n 70mm-afvalplank­ie as spasieerde­r.
3 Wenk Gebruik ’n 70mm-afvalplank­ie as spasieerde­r.
 ??  ?? 4
4
 ??  ?? 1
1
 ??  ??
 ??  ?? 2
2

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa