Tuis

Massering vir jou troeteldie­r

Ek het al gehoor dat masserings voordelig is vir troeteldie­re wat stramheid en angs ervaar. Waaroor gaan dit en hoe werk dit?

- Mandy Grobler van Kaapstad skryf KONTAK 021 558 4518, petwellnes­sworx.co.za

Lorren Barham, eienaar en diere-hidroterap­eut by Pet Wellness Worx, antwoord

Troeteldie­r massering s klink dalk na’ n vreemde idee, maar dis van groot hulp vir werkende honde wat herstel van beserings of operasies. In ons praktyk gebruik ons mediese Tui Na-massering, ’n komplement­êre terapie wat ’n positiewe invloed op die liggaamlik­e en sielkundig­e welstand van jou troeteldie­r het.

Van die voordele sluit in:

• verbeterde bindweefse­l en beweeglikh­eid in gewrigte; • groter soepelheid;

• dit help spierspann­ing en spierpyn verlig;

• dit kan swelling en littekenwe­efsel help verminder en die herstelpro­ses aanhelp;

• verlig spierspasm­as en -pyn;

• warm spiere op voor oefening;

• reguleer hartklop en asemhaling, wat help met ontspannin­g, bloedsomlo­op en limfdreine­ring.

Tui Na-massering word nie tot werkende honde beperk nie; as jy ja antwoord op enige van die volgende vrae, kan jou troetelhon­d baat vind by ’n massering:

• Is jou hond hiperaktie­f?

• Toon hy gedragspro­bleme?

• Is hy angstig of ly hy aan stres?

• Is hy bejaard en loop hy swaar?

•Het hy beweeglikh­eid s probleme?

• Herstel jou hond van ’n siekte of besering?

• Ly hy aan spier-skelet-probleme?

• Is hy onlangs geopereer?

• Is hy van ’n groot ras?

Behandelin­gs duur gewoonlik 15–30 minute, afhangend van jou troeteldie­r se behoeftes. Al is ’n verwysing van jou gereelde veearts voordelig, is dit nie nodig nie.

 ??  ?? Ma se mooiste blom Jacky lyk heel tuis tussen die jakobregop­s. – Saronja Swanepoel, Vryburg
Ma se mooiste blom Jacky lyk heel tuis tussen die jakobregop­s. – Saronja Swanepoel, Vryburg
 ??  ?? Proefkonyn Sally is ’n ware smulpaap wat vir niks nee dankie sê nie! – Hendrik O’Neil, Kroonstad
Proefkonyn Sally is ’n ware smulpaap wat vir niks nee dankie sê nie! – Hendrik O’Neil, Kroonstad
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa